Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA het ons tyd gemors, sê Kumar

Sushil Kumar, die Hongkongse eienaar van die Bloem City Blazers, sê dit was duidelik in hul vergadering met Krieket Suid-Afrika (KSA) die naweek in Mumbai dat die land se krieketbase hulle ’n rat voor die oë probeer draai.

Sushil Kumar. Foto: Gallo Images

Kumar het die vergadering, tussen KSA en ’n groep eienaars van franchises van die nou afgestorwe T20 Global League, as “erg teleurstellend” beskryf en gesê die vonke het behoorlik gespat.

“Ek is verskriklik teleurgesteld oor die uitkoms van die vergadering wat ons in Mumbai gehad het,” het Kumar gesê.

“KSA hoef nie al die pad te gekom het net om aan die eienaars te sê dat die liga vanjaar sal voortgaan, dat daar vir minstens die eerste drie jaar geen privaateienaarskap gaan wees nie en dat daar net ses spanne sal wees waarvoor die provinsies kan bie.

“Hulle het kortom al die pad gekom net om aan ons te sê dat ons niks met die liga in die nuwe formaat te doen sal hê nie. Van die eienaars oorweeg nou regsaksie en wil skadevergoeding eis.”

Die eienaars voel ook die vennootskap tussen KSA en SuperSport, sy enigste vennoot in die nuwe liga, kort deursigtigheid.

Kumar sê daar is op die vergadering aan hulle gesê die “belanghebbendes van KSA” wil nie hê dat die franchises deur privaateienaars besit word nie. Hy sluk maar swaar daaraan.

“KSA het laastens beloof dat hy na die Raad sal teruggaan om goedkeuring te kry dat die bestaande eienaars ’n eerste reg tot weiering het ingeval hulle, eendag, besluit om die liga te privatiseer. Dié eienaars sal binne tien dae weet wat die raadsbesluit daaroor was.

“So saam met al die vuurwerk is dit hoe die vergadering geëindig het. Dit was ’n absolute teleurstelling.”

Kumar sê hulle het heelwat planne in Bloemfontein gehad, wat onder meer betrokkenheid by ontwikkeling en skole behels. Hy sê hy kan Bloemfontein, “hul tweede tuiste”, die versekering gee dat hulle steeds maniere sal ondersoek om saam met die beamptes by die Vrystaatse Krieketunie (VKU) te werk, tot voordeel van albei partye.

Die VKU se bodkomitee het Maandag ’n vergadering gehou oor hul voorneme om steeds ’n franchise te huisves wanneer die nuwe T20-reeks in November begin.

* KSA sal eers nadat sy uitvoerende hoof, Thabang Moroe, met die Raad vergader het, kommentaar lewer oor die vergaderings met die voormalige franchise-eienaars.

Meer oor:  T20gl  |  Bloem City Blazers  |  Ksa  |  T20 Global League
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.