Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keurderbaas se pligte dalk gedeel

Die meer omvattende en uitgebreide posbeskrywing vir die Proteas se nuwe keurderbaas gaan dalk meebring dat twee mense dié pligte moet deel.

Die onderhoude om Krieket Suid-Afrika se tiende keurderbaas te word sedert die land se hertoelating tot die internasionale arena, is uiteindelik Vrydag voltooi.

Die sluitingsdatum vir die aansoeke was reeds in April.

Onderhoude is gevoer met Victor Mpitsang, Hussein Manack en Patrick Moroney.

Patrick Moroney kan moontlik deur Krieket Suid-Afrika in ’n keurdershoedanigheid betrek word. Foto: Gallo Images

Volgens die aansoekvorm moes die geskikte kandidaat minstens vyf jaar ervaring as ’n keurder op sy kerfstok hê. ’n Diploma of graad in sportbestuur of ’n soortgelyke kwalifikasie sou ook in sy of haar guns tel.

Die posbeskrywing is aansienlik aangepas vir die nuwe hoofkeurder. Die betrokkene sal daarvolgens nou gemoeid wees met al die nasionale spanne, nie net met die Proteas soos voorheen nie.

Die verkose kandidaat is nou ook betrokke by die kies van die Suid-Afrikaanse A-span, die nasionale vrouespan, die SA o.19’s en moet daarby help talent soek.

Dit blyk al dié take word as te veel beskou vir ’n enkele persoon om dit te deeglik te doen. Die moontlikheid word derhalwe genoem dat nog ’n aansoeker betrek gaan word om met van die pligte toevertrou te word. Van die ander keurders op die paneel kan ook ingespan word.

Die voormalige Protea-snelbouler Mpitsang, ’n gewese keurderbaas by die o.19’s, word as die gunsteling beskou om die nuwe hoofkeurder te word nadat hy dié pos aan die begin van die seisoen van die hand gewys het.

Moroney, ’n ervare administrateur van Gauteng, wat by die Lions betrokke is, was ’n gunsteling toe onderhoude vir dié pos verlede seisoen gevoer is. Dít was voor die dramatiese veranderinge by KSA, waarna Graeme Smith, direkteur van krieket, voelers uitgesteek het om Mpitsang vir eers tydelik aan te stel.

Moroney het na verneem word tydens sy onderhoud Vrydag die paneel opnuut beïndruk en kan dalk nou ook betrek word.

Manack het tot verlede jaar as nasionale keurder gedien en sy naam was vroeër ook in die hoed om direkteur van krieket te word.

Corrie van Zyl en Linda Zondi het die afgelope seisoen onderskeidelik as keurderbase waargeneem. Zondi (2015 tot 2019), die laaste heeltydse hoofkeurder, het nie die finale kortlys gehaal nie.

Meer oor:  Hussein Manack  |  Ksa  |  Victor Mpitsang  |  Patrick Moroney  |  Krieket Suid-Afrika  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.