Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA onthul naam van nuwe Superliga
Mzansi Superliga se nuwe logo.

Skuif reg vir die Mzansi Superliga (MSL), die langverwagte naam van die nuwe T20-reeks wat aanstaande maand begin en Vrydag deur Krieket Suid-Afrika aangekondig is.

Die reeks begin op 16 November eindig met die eindstryd vind op 16 Desember plaas.

“Ons sien daarna om van die wêreld se beste spelers in die land te verwelkom en deur hulle getrakteer te word,” sê Thabang Moroe, die uitvoerende hoof van KSA.

Ons is vol vertroue dat die liga ook sal help om die volgende geslag van T20-talent te ontluik.
Thabang Moroe

“Ons is vol vertroue dat die liga ook sal help om die volgende geslag van T20-talent te ontluik.”

KSA sal Maandag die besonderhede van die spelers-loting bekend maak wat straks Vrydag in Johannesburg gehou sal word.

Moroe het ook die KSA se vennootskap met die SAUK bevestig met al die wedstryde wat op nasionale uitsaaier se TV- en radiodienste uitgesaai word.

Ses spanne – Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban Port Elizabeth en die Paarl – sal aan die reeks deelneem en al ses spanne sal van die beste spelers ter wêreld lok.

Met die T10-reeks in Dubai wat afgelas is, sal dit nou makliker vir dié MSL wees om van die groot name van blitskrieket te lok.

Die reeks sal staatmaak op van die oorsese sterre, aangesien die Proteas die eerste twee wedstryde van elke span gaan misloop.

Die Proteas pak Australië dan in eendag- en T20-wedstryde in Australië in November met die laaste wedstryd wat op 17 November gespeel word.

Meer oor:  Thabang Moroe  |  Suid-Afrika  |  Ksa  |  Msl  |  Mzansi Superliga  |  Krieket. T20-Liga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.