Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA-raad moet ‘bloeding’ keer, vra Saca

Die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca) het Maandag ’n beroep gedoen op Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad van direkteure om op te tree en die spel in die land teen verdere skade te beskerm.

Dit volg op die naweek se omstredenheid wat veroorsaak is deur KSA se pogings om krieketskrywers stil te maak deur hul akkreditasie terug te trek.

Tony Irish, hoof van die SA Krieketspelersvereniging. Foto: Gallo Images

“Namens die 310 beroepspelers wat ons verteenwoordig, versoek ons die direkteure nou om hul vertrouensplig uit te oefen om die hierdie kwessies te hanteer en die spel teen verdere skade te beskerm,” sê Tony Irish, Saca se uitvoerende hoof.

“Dit is ’n jammerlike toedrag van sake as hulle probeer om gerespekteerde joernaliste stil te maak omdat hulle oor die voortslepende probleme skryf.”

Hy wys daarop Saca die laaste nege maande soortgelyk behandel is. Hy is onder meer uitgesluit by sub-komitees en is toegang tot belangrike inligting weerhou.

Volgens die verklaring was die spelers op verlede maand se jaarvergadering oor talle kwessies bekommerd.

Die finansiële posisie, plaaslike herstrukturering, verhouding tussen Saca en KSA, die nasionale span se strukture, geldelike aspekte van die Mzansi-superliga en KSA se weiering om Saca by die kwessies te betrek, is van die dinge van die spelers kwel.

KSA het volgens Saca – in reaksie op skrywes van hom om aandag daaraan te gee – volgehou dit is sub judice gegewe die aansoek wat by die hooggeregshof teen hom (KSA) ingedien is.

“Baie van die bekommernisse wat ons het, het niks te doen met die aansoek in die hooggeregshof (vir KSA om inligting te verskaf oor sy besluit om beroepskrieket te herstruktureer) nie, tog weier KSA steeds om iets daaraan te doen,” sê Irish.

Dit is ’n jammerlike toedrag van sake as hulle probeer om gerespekteerde joernaliste stil te maak omdat hulle oor die voortslepende probleme skryf.

Hy sê in die laaste week moes hulle ook hoor dat die Proteas deur onbekende keurders gekies gaan word wat die naweek gevolg is deur die fiasko met die krieketskrywers.

“Dit is duidelik vir ons dat dinge net erger, nie beter nie, word.

“Die spelers gee nie net om oor die spel nie, maar verstaan ook dat hul loopbane van die gesondheid en volhoubaarheid daarvan afhang. Ons wil daarom oplossings vir die huidige probleme sien en dat die spel as ’n prioriteitsaak weer tot ’n gesonde posisie moet terugkeer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.