Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieket SA sê ja vir nuwe T20-reeks

Die raadslede van Krieket Suid-Afrika (KSA) het Saterdag ten gunste van ’n nuwe T20-reeks in Johannesburg gestem, het KSA in ’n verklaring gesê.

Thabang Moroe / Foto: Gallo Images

Die toernooi sal tussen 9 November tot 16 Desember ses spanne beslis word. Die kommersiële besonderhede soos die gasheerstede en die bepalings sal binnekort bekend gemaak word.

Chris Nenzani, president en voorsitter van die raad, sê hulle het nie getwyfel om die model wat voorgelê is, aan te beveel nie.

“Thabang Moroe, uitvoerende hoof, en sy bestuurspan het met ’n kommersiële model vorendag gekom wat lewensvatbaar is en ’n opwindende en langtermyntoekoms inhou.” – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  T20-Reeks  |  Ksa  |  Thabang Moroe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.