Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Waarnemende KSA-hoof kry hulp van buite

Krieket Suid-Afrika (KSA) se tussentydse raad het ’n raadgewer aangestel om Pholetsi Moseki, die beheerliggaam se waarnemende uitvoerende hoof, by te staan.

Die geoktrooieerde rekenmeester Denga Ramuedzisi is aangestel as die “uitvoerende raadsondersteuningsbeampte” en staan Moseki in ’n raadgewende hoedanigheid by.

Kugandrie Govender, die geskorste uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika. Foto: Gallo Images

Moseki, KSA se finansiële hoof, is in Desember as die waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat Kugandrie Govender, wat ook in die pos waargeneem het, geskors is hangende ’n tugverhoor op 28 Januarie.

Oudregter Zak Yacoob, die voorsitter van die tussentydse raad, sê Ramuedzisi werk goed met Moseki saam.

“Die kommer as jy iemand van buite af inbring, is altyd of die huidige bestuur dié persoon goedgesind sal wees, maar ek is verheug dat die uitvoerende hoofde besef waarom ons hom betrek het en hulle het ’n goeie werkverhouding,” sê Yacoob.

Moseki beaam dit.

“Hy is uiters hulpvaardig. Daar is verskeie skorsings onder die uitvoerende hoofde en hy help beslis om die leemtes te vul en bykomende hulp te verleen,” sê Moseki.

Pholetsi Moseki, die waarnemende uitvoerende hoof van KSA, vandeesweek op ’n aanlyn nuuskonferensie. Foto: Gallo Images

Buiten Govender, wat in Augustus 2020 oorgeneem het nadat Jacques Faul bedank het as waarnemende uitvoerende hoof, is Welsh Gwaza, die maatskappysekretaris, ook in Desember deur die tussentydse raad geskors. Gwaza se tugproses het reeds verlede jaar begin en sal aan die begin van Februarie voortgaan.

Yacoob sê hy glo nie die tugprosesse sal afgehandel wees teen die tyd wat die tussentydse raad se termyn op 15 Februarie verstryk nie.

“Hierdie sake is altyd ingewikkeld, want dit hang af van die beskikbaarheid van die voorsitter, die beskikbaarheid van prokureurs aan albei kante, ensovoorts,” sê Yacoob.

“Dit gebeur gereeld dat ’n prokureur beplan om ’n getuie vir twee uur te kruisondervra, maar dan duur dit ’n hele dag. En dit is sy reg.

“Op my regservaring gegrond: Ek sal agteroor val en sterf van verbasing as dié sake afgehandel is teen die tyd wat ons klaarmaak.

“Ek en die raad is egter toegewyd om, selfs al sal ons nie langer raadslede wees nie, saam te werk en steeds deel te neem aan die tugprosesse om die besluite wat ons geneem het, te regverdig.”

Meer oor:  Ksa  |  Pholetsi Moseki  |  Ikr  |  Krieket Suid-Afrika  |  Proteas  |  Saskok  |  Kugandrie Govender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.