Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA beveel 4 om fiksheid op te skerp
Tabraiz Shamsi. Foto: Gallo Images
Jon-Jon Smuts. Foto: Gallo Images
Sisanda Magala. Foto: Gallo Images

Adrian le Roux, voormalige fiksheidsafrigter van Suid-Afrika en Indië se krieketspanne, is gevra om ’n paar plaaslike spelers wie se kondisionering nie na wense beskou word nie, slaggereed vir witbalkrieket te kry.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het die boulers Lungi Ngidi en Tabraiz Shamsi van die Titans en die Warriors se Jon-Jon Smuts en Sisanda Magala onttrek aan hul franchise-meerdagwedstryde om ’n hoëprestasiefiksheids-en-kondisioneringskamp in Pretoria by te woon.

Hulle word luidens ’n verklaring oorweeg vir eendag- en T20-wedstryde en is vir die oefenprogram ingeskryf in die hoop om hulle topfiks vir ’n veeleisende krieketseisoen te kry.

Le Roux, wat sy loopbaan by Vrystaat begin het, is sedert 2007 ook by die Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga betrokke. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Fiksheid  |  Krieket  |  Ksa  |  Tabraiz Shamsi  |  Jon-Jon Smuts  |  Lungi Ngidi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.