Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA vereer Proteas se Tazmin
Tazmin Brits lê die langsteel in vir die Suid-Afrikaanse Opkomende span in 2019 in Pretoria. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler Tazmin Brits is Vrydag op Krieket Suid-Afrika se prysuitdeling vir amateurs as sy Provinsiale Vrouespeler van die Jaar bekroon.

Brits (29) speel vir Noordwes en het die nasionale vrouespan in 15 T20-wedstryde in 2018 en 2019 verteenwoordig.

Weens die Covid-19-pandemie was daar nie soos gebruiklik ’n swierige geselligheid nie en die wenners is aanlyn aangekondig.

Die 22-jarige Ruan de Swardt, ’n oudleerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, is as die Studentespeler van die Jaar vereer. Hy het hom intussen by die Dolphins aangesluit, nadat hy voorheen vir Noordelikes gespeel het.

Nog ’n prys wink die naweek vir De Swardt op KSA se prysuitdeling vir beroepspelers, wat Saterdag aanlyn gehou word. Hy is benoem as Provinsiale Eendagspeler van die Jaar.

Bryan Bloy van Noordelikes is vir sy werk as baanopsigter van SuperSport-park in Centurion vereer.

Die Westelike Provinsie se Jonathan Bird het weggestap met die toekenning as o.19-Speler van die Jaar. Hy was deel van die nasionale span wat vroeër vanjaar op tuisbodem aan die o.19-Wêreldbeker-toernooi deelgeneem het.

Luke Beaufort, wat Bird se spanmaat by die Jong Proteas was, is as Speler van die Week in die Khaya Majola-week in 2019 vereer. Sy 316 lopies was die meeste in daardie week en hy is toe ook as kaptein van die Suid-Afrikaanse Skolespan aangewys.

Volledige lys van wenners:

Mini-krieket: Afrigter van die Jaar: Ruth Bowles (WP)

Mini-krieket: Koördineerder van die Jaar: Julius Maziya (Oostelikes) en Mercia Baatjies (KwaZulu-Natal Binneland)

o.15-speler van die Toernooi: Dewald Grove (Boland)

o.17-speler van die Toernooi: Jan Hendrik Coetzer (Noordeliks)

Speler van die Toernooi in die toernooi vir leerlinge met spesiale behoeftes: Deacon Biggs (Sentraal Gauteng)

Khaya Majola-week se Speler van die Toernooi: Luke Beaufort (OP)

T20-skolespeler van die Jaar: SW Kemp (Noordelikes)

o.19-speler van die Jaar: Jonathan Bird (WP)

Blindespeler van die Jaar: Buhle Bhidla (Sentraal Gauteng)

Plattelandse Speler van die Jaar: Michael Enslin (Noordwes)

Studentespeler van die Jaar: Ruan de Swardt (Noordelikes)

Hubs-afrigter van die Jaar: Brindley Gilbert (WP)

Baanopsigter van die Jaar: Bryan Bloy (Noordelikes)

Sportmanskap-toekenning: Warriors


Meer oor:  Ruan De Swardt  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ksa  |  Proteas  |  Toekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.