Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieket SA verkies nuwe voorsitter

Lawson Naidoo is as die nuwe voorsitter van Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad verkies nadat die nuwe raad se eerste algemene vergadering Dinsdagaand gehou is.

Naidoo is die uitvoerende sekretaris van die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet en ’n stigterslid van die Paternoster Group, ’n maatskappy wat spesialiseer in politieke-risiko-konsultering.

Lawson Naidoo, die nuwe voorsitter van KSA se raad. Foto: Facebook

Naidoo is op die beheerliggaam se jaarvergadering aangestel as een van die agt onafhanklike raadslede. Hy het sy mederaadslede vir hul vertroue in hom bedank.

“Ons is almal deeglik bewus van die uitdagings waardeur ons in die gesig gestaar word in ons strewe om KSA ’n sportorganisasie van wêreldgehalte op en weg van die veld te maak,” sê hy in ’n verklaring.

Hy sê die raad is daartoe toegewyd om as een saam te werk in belang van die spel en mense van Suid-Afrika.

Die raad het besluit om in hul eerste 100 dae aan diens daarop te fokus om stabiliteit te laat terugkeer na die organisasie. Hulle wil ook ’n program van stapel stuur om insette van belanghebbendes te verkry en om almal te laat belyn met een gedeelde visie vir die toekoms.

Die raad het ook die tussentydse raad en lederaad bedank vir hul leierskap.

Adv. Steven Budlender is verkies tot die pos as die hoof- onafhanklike raadslid.

Naidoo is verlede week ook verkies as die voorsitter van die oudit-en-risiko-komitee. Dr. Simo Lushaba, Budlender en Mark Rayner is die ander lede van dié komitee. Hulle is almal onafhanklike raadslede.

Volgens KSA se nuwe grondwet is daar agt onafhanklike raadslede, vyf nie-onafhanklike raadslede (oftewel lede uit die geledere van die lederaad), sowel as die uitvoerende hoof en finansiële hoof wat in die raad dien.

Meer oor:  Ksa  |  Lawson Naidoo  |  Ksa-Raad  |  Krieket Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.