Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA vertrou Sri Lanka sal kom toer
Kugandrie Govender Foto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika (KSA) was reeds in gesprek met Sri Lanka en glo dat die land se komende toer, te midde van praatjies dat dit in die weegskaal is, sal voortgaan soos daar beplan is.

Die eerste toets is veronderstel om op 26 Desember in Centurion te begin en tweede op 3 Januarie in Johannesburg.

“KSA was in gesprekke met Sri Lanka Krieket (SLC). Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as KSA voorsien die SLC van al die inligting wat hy nodig kan hê om op hoogste owerheidsvlak die gesondheid en veiligheid van die toerspan te verseker,” sê Kugandrie Govender, waarnemende uitvoerende hoof van KSA.

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as KSA voorsien die SLC van al die inligting wat hy nodig kan hê om op hoogste owerheidsvlak die gesondheid en veiligheid van die toerspan te verseker.
Kugandrie Govender

Die tweede gedeelte van Engeland se toer – die eendagreeks van drie wedstryde – is vandeesweek weens Covid-19-gevalle uitgestel.

Govender wys daarop dat Engeland se twee onbevestigde Covid-19-toetsuitslae uitgeklaar is en dat dit intussen as negatief bevestig is.

Die ECB het Dinsdag in ’n verklaring gesê die twee spelers is nie meer in afsondering nie en dat hulle nie meer ’n gevaar inhou vir die res van die toergroep wat Donderdag na Engeland terugkeer nie.

“KSA is vol vertroue dat hy, soos geskeduleer, die seisoen gasheer vir die Sri Lankaanse besoekers sal speel,” sê Govender.

Mark Boucher, afrigter van die Proteas. Foto: Gallo Images

KSA het ook Dinsdag aangekondig dat die proses vir media-akkreditasie reeds oop is vir die toetsreeks.

Sri Lanka is volgens berigte veronderstel om op 18 Desember na Suid-Afrika te vertrek.

Die SLC het na verneem word, Dinsdagmiddag op ’n vergadering baie lank oor sy bekommernisse beraadslaag.

Voorts is ook genoem dat die gesondheidsowerheid daar op sy beurt bekommerd is omdat die spelers met hul terugkeer na Sri Lanka hulle dadelik weer in ’n bioborrel gaan bevind, eerder as in kwarantyn, omdat hulle volgende toetsreeks teen Engeland reeds op 14 Januarie begin.

Suid-Afrika se toer in Januarie na Pakistan het reeds die groen lig gekry en ’n amptelike aankondiging daaroor word binnekort verwag.

Krieket Australië (CA) sal gebeure intussen in Suid-Afrika fyn dophou met die oog op sy besoek aan die einde van die seisoen.

Australië gaan volgens die skedule in Februarie en Maart drie toetse teen die Proteas kom speel, wat deel uitmaak van die Internasionale Krieketraad se Toetskampioenskap.

“Ons sal voortgaan met ons beplanning vir die toer en die borrelsituasie goed dophou,” was ’n woordvoerder van CA se kommentaar volgens cricket.com.au.

Meer oor:  Kugandrie Govender  |  Sri Lanka  |  Suid-Afrika  |  Australie  |  Krieket  |  Ksa  |  Veiligheid  |  Reeks  |  Ca  |  Covid-19  |  Toer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.