Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kwarantyn wag op Duanne in Engeland
Duanne Olivier in aksie vir Yorkshire teen Somerset verlede jaar in Taunton. Foto: Getty Images

Die voormalige Protea-snelbouler Duanne Olivier hoef nie verder in sy tuin te boul nie.

Hy sal volgende week na Engeland terugkeer nadat graafskapkrieket daar die jawoord gekry het om sy seisoen op 1 Augustus te begin.

“Ek vlieg Maandag terug soontoe,” het dié Kolpak-speler van Yorkshire uit Port Elizabeth bevestig.

Olivier het in die Covid-19-inperking sy 28ste verjaardag gevier en was die hele tyd nog in die Baai gestrand. Hy moes hom daar so fiks as moontlik hou.

“Ek het my eie gym by my huis, waar ek geoefen het. Ek het ook in my tuin geboul.”

Hoewel die Engelse en Walliese Krieketraad die groen lig vir ’n verkorte seisoen gegee het, is nog geen bepalings bekend gemaak nie. Die hersiene program, wat meerdaagse én witbalkrieket insluit, word binnekort verwag.

Olivier-hulle gaan intussen aan die einde van die maand twee tweedaagse oefenwedstryde, teen Lancashire en Durham, op Headingley in Leeds speel. Die eerste losmaker is op 24 en 25 Julie en die tweede op 27 en 28 Julie.

Dis nie seker of Olivier in die eerste in aksie sal wees nie. Hy sal met sy aankoms eers 14 dae in kwarantyn moet deurbring, het Andrew Gale, afrigter van Yorkshire, op die graafskap se webtuiste yorkshireccc.com gesê. Sy isolasie sal enkele dae voor die eerste oefenwedstryd eindig.

Die Yorkshire-spelers het die afgelope week oefensessies op hul eie gehad en sal volgende week in fases na die oefennette terugkeer.

Meer oor:  Duanne Olivier  |  Engeland  |  Yorkshire  |  Snelbouler  |  Inperking  |  Kolpak  |  Krieket  |  Graafskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.