Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Vlieënde Khawaja kasty Kohli!
Die Aussies vier Donderdag die paaltjie van Indië se kaptein, Virat Kohli. Foto: Getty Images

Virat Kohli se langverwagte eerste kolfbeurt in die toetsreeks tussen Indië en Australië is Donderdag op briljante wyse deur ’n vlieënde Usman Khawaja kortgeknip.

Indië se kaptein is uit vir drie op die eerste oggend van die eerste toets in Adelaide danksy ’n ongelooflike poging deur Khawaja in die gangetjie.

Kohli, die besoekers se meesterkolwer wat in Australië aangeland het met ’n toetsgemiddeld van 54.57, kon slegs 16 balle trotseer voordat hy ’n wyerige aflewering van Pat Cummins probeer dryf het. Die bal het sy kolf se buiterand getref en getrek in die rigting van Khawaja se uitgestrekte linkerhand.

Die paaltjie het Indië op 19/3 gelaat nadat Kohli die loot gewen het en gekies het om te kolf.

Telkaart.

Khawaja se akrobatiese poging volg op ’n onstuimige paar dae in sy lewe nadat sy broer Dinsdag in die hof in Sydney verskyn het omdat hy na bewering ’n mededinger in ’n liefdesdriehoek by vals terreuraanvalle geïnkrimineer het.

Arsalan Khawaja (39) is in ’n ondersoek deur Nieu-Suid-Wallis se terrorisme-eenheid in hegtenis geneem nadat hy glo voorgegee het Mohammad Kamar Nizamdeen (25) beplan aanvalle op invloedryke mense. Dit het tot Nizamdeen se inhegtenisneming gelei.

– Sportredaksie

Meer oor:  Virat Kohli  |  Toetskrieket  |  Usman Khawaja
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.