Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Dale wys AB wie’s baas op Nuweland

Skitterende boulvertonings deur Dale Steyn en Wahab Riaz het die Cape Town Blitz se veldtog in die Mzansi-superliga weer op koers help kry.

Die Blitz het die Tshwane Spartans Sondag op Nuweland met 15 lopies geklop om die Kapenaars se kans om die uitspeelronde te haal, lewend te hou.

Die Paarl Rocks het vroeër Sondag die Jozi Stars met vyf paaltjies geklop en in die eerste plek op die puntelys ingeskuif.

Die Rocks het 23 punte ná agt wedstryde. Die Spartans en die Nelson Mandela Bay Giants is albei op 19 punte ná sewe wedstryde. Die Blitz is op 17 ná agt, terwyl die Durban Heat op 14 punte is ná sewe wedstryde is.

Steyn (4-0-10-3) het die horlosie teruggedraai en al die Spartans gepla. Hy het die groot vis, AB de Villiers, se paaltjies met sy laaste aflewering van die dag gekry. Die 36-jarige Steyn het De Villiers (31) met vaart geklop en hy het ’n kort aflewering reg in die lug op geslaan. Steyn het self die vangskoot benut.

Riaz (3-0-18-2) het sy staal teen die einde gewys. Hy het die voorlaaste boulbeurt geboul met die besoekers wat 24 van die laaste 12 balle benodig het. Hy het slegs drie lopies afgestaan en die allerbelangrike paaltjie van Pite van Biljoen ingepalm. Van Biljon (62 van 42 balle; 4x4, 3x6) was die Spartans se laaste hoop ná De Villiers se paaltjie.

Dale Sreyn se puik boulontleding van 3/10 het die Blitz gehelp om Sondag die Spartans met 15 lopies op Nuweland te troef.Foto: Gallo Images

Die Spartans is tot 142/7 beperk.

Die Blitz het vroeër 157/6 aangeteken grotendeels danksy 53 (43 b; 5x4, 1x6) deur David Bedingham.

* ’n Pragkolfbeurt deur Sibonelo Makhanya het die Paarl Rocks vroeër die dag terug op die wenpad gekry.

Die Rocks het Vrydagaand hul rieme lelik styf geloop teen die Tshwane Spartans in Centurion en was halfpad deur Sondag se wedstryd teen die Jozi Stars op pad om weer slae te kry.

Makhanya (63 van 47 balle; 5x4, 2x6) en Kyle Verreynne het met die telling op 53/4 saamgekom en het 83 lopies van 52 balle geslaan. Makhanya en die Sri Lankaan Isuru Udana het toe 49 onoorwonne lopies om die sesde paaltjie bygevoeg om die oorwinning (met vyf paaltjies) met vier balle oor te behaal.

Dit nederlaag was die Stars se sewende pak slae agtereenvolgens en die verdedigende kampioen is steeds op soek na sy eerste oorwinning in vanjaar se kompetisie.

Die tuisspan het vroeër eerste gekolf en ’n stewige 171/3 in sy 20 boulbeurte aangeteken, voor die Paarlse span met 175/5 geantwoord het.

Die Stars se kaptein, Temba Bavuma (37 van 30 balle; 3x4, 1x6), en Reeza Hendricks (74 van 53 b; 7x4, 2x6) het 99 lopies (66 balle) om die tweede paaltjie aangeteken om die grondslag vir ’n goeie telling te lê.

Tabraiz Shamsi (1/25) was die besoekers se beste bouler.

Meer oor:  Dale Steyn  |  Mzansi-Superliga  |  Krieket  |  Msl  |  Ab De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.