Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Donald sê Amla ’n moet vir WB-toernooi

“Jy kan nie na ‘n Wêreldbeker-toernooi sonder Hashim Amla gaan nie!”

Dit is die mening van die Protea-legende Allan Donald net meer as 50 dae voor die begin van die Wêreldbekertoernooi in Engeland.

Die keuse tussen die ervare Amla en Reeza Hendricks is een van die min besluite wat die keurders nog moet maak voordat die Proteas se Wêreldbeker-groep volgende Donderdag aangewys word.

Amla het die laaste ruk nie vir die Proteas gespeel nie en het sy siek pa bygestaan.

Hy is terug vir die Cobras in die plaaslike T20-Uitdaagreeks en sal graag ’n paar goeie tellings wil opstapel om die keurders te oortuig van sy peil.

Donald, tans die boulafrigter by Kent in die Engelse graafskapreeks, het vroeër die week gesê hy sal steeds die ervare kolwer na die WB-reeks neem.

Allan Donald is deesdae hulpafrigter by Kent in Engeland.Foto: Getty Images

Donald het gesê hy glo Amla se pa se siekte het straks die speler se peil beïnvloed en hy sal sy ervaring by die WB-toernooi wil hê.

Donald het aan die webtuiste Cricbuzz gesê hy ook baie beïndruk is met Aiden Markram se spelpeil.

“Markram kan beslis ’n verassing by die Wêreldbeker-toernooi wees. Hy speel uitstekende krieket. Markram het twee agtereenvolgende eendaagse honderdtalle vir sy franchise aangeteken en slaan die bal so skoon soos wat ek nóg gesien het,” het Donald gesê.

Donald glo Ottis Gibson (Protea-afrigter) se grootste kopseer is om op die veelsydige speler op nr. 7 te besluit met spelers soos Dwaine Pretorius, Andile Phehlukwayo en Wiaan Mulder wat in die tou staan.

Hy is baie beïndruk met die boulaanval.

“Daar skort niks met die boulaanval nie. Lungi Ngidi, Kagiso Rabada en Dale Steyn boul baie goed en Tabraiz Shamsi en Imran Tahir is ook goeie opsies.
Allan Donald

“Daar skort niks met die boulaanval nie. Lungi Ngidi, Kagiso Rabada en Dale Steyn boul baie goed en Tabraiz Shamsi en Imran Tahir is ook goeie opsies.”

Donald glo dat die Proteas ’n bitter moeilike eerste wedstryd het wanneer hy Engeland op 31 Mei op die Oval takel.

“Engeland speel baie goed op die oomblik en die opwindende speelstyl gaan dinge ook moeilik vir sy teenstanders maak.” – Sportredaksie

Meer oor:  Allan Donald  |  Suid-Afrika  |  Engeland  |  Wereldbeker-Toernooi  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.