SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Krieket
KYK: Vreemde boulaksie maak opslae

’n Indiese draaier het ’n debat regoor die wêreld veroorsaak met sy unieke boulaksie wat die volgende golf van innovasie in krieket kan inlei.

Shiva Singh het in Februarie vir Indië se o-19-span by die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland uitgedraf. Foto: Getty Images

ABCSport berig menings verskil oor Shiva Singh se poging, met die Indië-o-19-speler wat krieketaanhangers aan die gons het ná sy vertoning in ’n CK Nayudu Trophy-wedstryd vir Bengal teen Uttah Pradesh.

Singh het in sy aanloop 360 grade in die rondte gedraai voordat hy ’n aflewering afgestuur het. Die skeidsregter Vinod Seshan het dadelik ’n “dooie bal” aangedui en die debat is ontketen.

Volgens die beskermhere van wêreldkrieket, die MCC, oortree Singh se poging om die kolwer se aandag af te lei die reëls van die spel.

Die voorval is vinnig veroordeel deur die gewilde Indiese draaier Bishan Bedi. “Vreemdsoortig!”, het Bedi, wat in sy loopbaan 266 paaltjies vir Indië platgetrek het, op Twitter gesê.

Die voormalige Aussie-draaier Peter Sleep was ook teen Singh se metode gekant.

“As jy tot sulke uiterstes moet gaan om ’n kolwer uit te kry, dink ek die spel slaan die verkeerde koers is,” sê Sleep.

“As jy dit met elke aflewering doen, is dit ’n ander storie. Maar wanneer jy dit skielik op die ingewing van die oomblik toepas, dink ek nie regtig dit is in die gees van die spel nie.”

Maar die Suid-Afrikaner Dave Nosworthy, ’n voormalige afrigter van die Lions en die Titans, voel daar is nie veel fout met Singh se ongewone benadering nie.

“Ek sien nie die kwessie hier nie ... steeds linkerarm om die paaltjie,” sê Nosworthy op Twitter.

Die voormalige Engelse kaptein Michael Vaughan stem saam met hom.

“Mal hieroor. Ons sê gereeld boulers moet innoveer. Geen probleem hiermee nie,” sê die Engelsman.

Die krieketskrywer Aayush Sharma meen as die voormalige Protea-ster AB de Villiers se vermoë om 360 grade rondom die krieketveld lopies aan te teken as “volmaaktheid” bestempel word, moet Singh se 360°-draai ook as regverdig beskou word.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Shiva Singh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.