Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Faf-hulle ‘verstom’ met veldwerk

Daar is ’n televisie-advertensie waarin ’n seuntjie vir sy boetie sê die Super-rugbyhelde kan vlieg.

Diegene wat Sondag by die T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Port Elizabeth was, sal vir daardie seuntjie kan vertel dat krieketspelers hoër as rugbyspelers kan vlieg.

Daar was ’n paar stukkies bykans ongelooflike veldwerk in dié opwindende en dramatiese wedstryd, wat die Proteas met 12 lopies gewen het.

Eers was dit Steve Smith, Australië se vorige kaptein, wat Quinton de Kock van ’n ses “beroof” het.

Smith het sowaar oor die grens geseil asof hy Superman was wat op pad wolke toe is.

Hy het die bal terug geklap in die veld waar ’n spanmaat dit opgetel en ingegooi het en De Kock moes met een lopie tevrede wees.

In die Aussies se kolfbeurt was dit die Proteas se vorige kaptein, Faf du Plessis, wat ’n bal wat Mitchell Marsh luglangs grens toe gestuur het, gevang het.

Du Plessis was ook langs die grens en sy momentum was op pad om hom oor die grenstou te neem. Maar voor sy voet aan die grenstou geraak het, het hy die bal ’n paar treë terug gegooi tot in die speelveld, waar David Miller met briljante reflekse vorentoe geduik en die bal sentimeters van die gras af opgerap het.

Marsh moes half ongelowig terugstap paviljoen toe en dié stukkie brijantheid het gehelp die skaal in die Proteas se guns te swaai.

“Ek dink die spel word elke dag beter, soos ons vandag gesien het. Die veldwerk word ’n skouspel, dit was fantasties,” hetAndrew McDonald, Australië se hulp-afrigter, agterna gesê.

“Steve Smith . . . Faf . . . die vangskote, die spoed. Die moderne spelers is uitsonderlik.”

McDonald sê krieketkykers kan hulle deesdae ook aan “verbasende” stukkies veldwerk verlustig.

“Die moderne spelers verstom my. Hulle oefen daardie tipe van situasies en doen dit sowaar, soos vandag gesien, in wedstryde,” sê McDonald.

Faf du Plessis neem ’n vangskoot om van Australië se Steve Smith ontslae te raak Sondag op St. Georgepark in Port Elizabeth. Foto: AP

“Veldwerk kan nie nie net wedstryde nie, maar seisoene bepaal. Ons (Australië) is trots op ons veldwerk en ek glo Suid-Afrika ook.”

Die breier sê David Warner, wat omtrent ’n alleenstryd vir die besoekers met die kolf gevoer het, is uiters teleurgesteld dat hy nie die wedstryd vir sy span kon wen nie.

Met die aanbreek van die laaste boulbeurt, wat Anrich Nortjé geboul het, moes die Aussies 17 lopies van ses balle af moker.

Warner het die eerste bal bygekom, maar het net een lopie gekry.

Nortjé, ’n boorling van Uitenhage en lid van die Oos-Kaapse franchise die Warriors, het Ashton Agar met sy tweede bal uitgeboul.

Mitchell Starc het ingekom en een lopie gekry.

Van die volgende bal kon Warner niks kry nie, toe kry hy een en Starc kry ’n laaste enkellopie en dit was natuurlik 12 lopies kort van om met die tuisspan gelyk te trek.

TELKAART

Meer oor:  Krieket  |  T20-Reeks  |  Port Elizabeth  |  T20  |  Steve Smith  |  Proteas  |  Australië  |  Faf Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.