Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Gayle klits 50-tal van 12 balle!
Chris Gayle het Woensdag behoorlik skouers oopgemaak in ’n T10-wedstryd in Abu Dhabi. Foto: Getty Images

Die Windies-mokerman Chris Gayle het nog ’n rekord vir haastige kolfwerk agter sy naam gevoeg toe hy ’n vyftigtal van net 12 balle in ’n T10-krieketliga in Abu Dhabi geklits het.

Hy het Woensdag die vinnigste vyftigtal in T10-geskiedenis geëwenaar en voortgegaan om ’n onoorwonne 84 lopies van net 22 balle te moker.

Gayle se span moes 98 lopies aanteken om te wen en het met die jolige Jamaikaan aan die spits 100/1 in net 5.3 boulbeurte opgestapel.

Die 41-jarige hotklou-kolwer het vooraf gesukkel met die kolf en saam net 20 lopies van 21 balle in sy vier wedstryde agter sy naam gehad volgens nine.com.au.

Daar was aan die begin van sy kolfbeurt twee aflewerings waarvan hy nie ’n lopie aangeteken het nie, waarna hy behoorlik losgetrek het. Hy het volgens espncricinfo.com daarna 11 agtereenvolgende grenshoue ingeryg wat gelees het: 4, 4, 4, 6, 6, 6, 6, 4, 6, 4, 6.

Hy het daarna 11 agtereenvolgende grenshoue ingeryg wat gelees het: 4, 4, 4, 6, 6, 6, 6, 4, 6, 4, 6.

Altesaam 78 lopies is met grenshoue (nege sesse en ses viere) aangeteken.

Afganistan se Mohammad Shahzad was in 2018 die eerste kolwer om ’n vyftigtal van net 12 aflewerings in dié T10-liga aan te teken.

Dit was die tweede keer dat Gayle dit reggekry het.

Hy het in 2016 in ’n T20-stryd in die Australiese Big Bash-liga vir die Melbourne Renegades teen die Adelaide Strikers ook met net 12 balle ’n 50-tal behaal.

Die vinnigste 50-tal in ’n internasionale T20-wedstryd was ook van 12 balle in 2007 in Durban, waar Indië se Yuvraj Singh die Engelse in die T20-Wêreldbekertoernooi laat deurloop het. – Sportredaksie

Op Twitter:


Meer oor:  Chris Gayle  |  Abu Dhabi  |  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.