Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Gayle moker 18 sesse vir nuwe rekord

Chris Gayle het Dinsdag 18 sesse gemoker op pad na ’n onoorwonne 146 van 69 balle vir die Rangpur Riders teen die Dhaka Dynamites om T20-geskiedenis te maak in die eindstryd van die Bangladesj-premierliga.

Chris Gayle is een van die mees verwoestende kolwers op die planeet. Foto: Getty Images

Die sterkolwer van die Wes-Indiese Eilande is boonop met sy telling op 22 deur Shakib Al Hasan laat val voordat hy die rekord verbeter het wat hy in die eindstryd van die Indiese Premierliga in 2013 opgestel het.

Gayle (38) het daardie dag 17 sesse gemoker in ’n onoorwonne 175 vir die Royal Challengers Bangalore teen die Pune Warriors.

Die Jamaikaan se kolfbeurt het hom verby 11 000 lopies in die kortste formaat van die spel geneem, terwyl hy nou ook die eerste speler word om 20 honderdtalle in T20-krieket aan te teken.

Gayle, wat nou 819 sesse in T20-krieket gemoker het, was in September die laaste keer vir die Windies in aksie. Sy laaste toetswedstryd was in 2014 teen Bangladesj.

Gayle se onoorwonne vennootskap van 201 lopies saam met Nieu-Seeland se Brendon McCullum het die Rangpur Riders gehelp om 206/1 aan te teken.

– Reuters

Meer oor:  Chris Gayle  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.