Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Gayle smyt kolf in woede weg

Hoewel Chris Gayle Vrydag sy paaltjie net duskant ’n honderdtal verloor het, het hy wel sy naam in die rekordboeke geskryf deur die eerste speler te word om 1 000 sesse in T20-krieket te moker.

Chris Gayle tydens die Karibiese Premierliga in 2019. Foto: Getty Images

Dié 41-jarige boorling van Jamaika speel tans vir die Kings XI Punjab in die Indiese Premierliga (IPL). Vrydag was Gayle, wat op nommer drie gaan kolf het, in ’n verwoestende bui en het slegs 63 balle benodig om daardie 99 aan te teken. Sy beurt het agt sesse en ses viere ingesluit.

Dit was egter nie genoeg om ’n sege aan sy span oor die Rajasthan Royals in Abu Dhabi te besorg nie. Die Royals het met sewe plaatjies gewen.

Gayle spog met 13 572 lopies in 410 T20-wedstryde – die enigste speler wat al die 13 000-kerf verbygesteek het. Hy spog ná dese met 1 001 sesse in die kortste formaat van die spel.

“Ek is net dankbaar dat ek op die ouderdom van 41 steeds die bal so goed kan slaan. Baie toewyding en harde werk oor die afgelope jare het vrugte afgewerk. Ek is baie dankbaar,” sê Gayle.

Sy oorheersing word onderstreep deur die feit dat die speler wat met die tweede meeste sesse spog, Kieron Pollard, 690 sesse in 524 T20-wedstryde gemoker het.

Maar daar was ook ’n bietjie bitter vir Gayle so saam met die mylpaal. Hy is skoongeboul deur Jofra Archer toe hy so byna sy 23ste honderdtal in die formaat behaal het.

Hy het effens kop verloor, sy kolf weggesmyt, voordat hy homself reggeruk, Archer se hand geskud en die pad kleedkamer toe aangedurf het.

Maar die ringkoppe van die IPL was nie beïndruk nie, en het die Windie met 10% van sy wedstrydgeld beboet. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Chris Gayle  |  T20  |  Windies  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.