Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Gibbs se kolf haal byna R300 000

Die kolf waarmee Suid-Afrika se Herschelle Gibbs ses opeenvolgende sesse in ’n boulbeurt in 2007 se Wêreldbeker-toernooi geslaan het, is vir R285 000 (A$27 000) in Adelaide opgeveil.

Herschelle Gibbs trek los vir sy derde ses. Foto: Getty Images

Gibbs was in ’n groepwedstryd teen Nederland op St. Kitts en Nevis die eerste kolwer om dit in ’n internasionale wedstryd reg te kry.

Die draaier Daan van Bunge het dit ontgeld.

Die kolf en die twee spelers se hemde waarmee hulle gespeel het, is volgens ABC News deur ’n anonieme koper gekoop.

Gibbs het 72 lopies aangeteken in die wedstryd wat Suid-Afrika met 221 lopies gewen het.

Die Proteas het later teen die uiteindelike wenner Australië in die halfeindstryd verloor.

– Sport24

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.