Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: ‘Grootste 6 in BBL-geskiedenis’
Koebaai! Ben McDermott moker die bal uit die stadion uit. Foto: Getty Images

Ben McDermott het Maandag glo die grootste ses in die tienjarige geskiedenis van die Australiese Big Bash League (BBL)-T20-reeks gemoker.

FoxSports berig die Hobart Hurricanes-kolwer en seun van die voormalige Aussie-snelbouler Craig McDermott het 96 lopies van 56 balle aangeteken in sy span se oorwinning met ses paaltjies teen die Sydney Thunder.

McDermott, wat voorheen in 12 internasionale T20-wedstryde vir Australië gespeel het, se kolfbeurt het agt viere en vyf sesse ingesluit.

Sy reuse-ses van die boulwerk van Nathan McAndrew het nie net oor die grenstou geseil nie, maar oor die hoofpaviljoen van die Manuka Oval in Canberra verdwyn.

“Daardie is waarskynlik die grootste ses in BBL-geskiedenis,” sê Mark Waugh, kommentator en voormalige Aussie-kaptein .

“Ek het nog nooit sulke kraghoue gesien nie, dit was eenvoudig brute slaankrag.”

Brett Lee, voormalige Aussie-snelbouler en kommentator, was ewe uit die veld geslaan.

“O, jitte, daardie is in die hotel – dit is hier uit,” roep Lee uit.

McDermott (26) is op twee die voorste lopiemaker in vanjaar se BBL-reeks met 397 lopies in nege wedstryde teen ’n gemiddeld van 49, wat drie vyftigtalle insluit.

– Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  T20  |  Big Bash League
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.