Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Speler moker 6 sesse in 1 boulbeurt

Hazratullah Zazai, ’n 20-jarige krieketspeler van Afganistan, het hom Sondag by ’n uitgelese groep krieketspelers aangesluit toe hy ses sesse in ’n enkele boulbeurt in ’n plaaslike toernooi geslaan het.

Zazai, ’n aanvangskolwer vir Kabul Zwanan, het Sondag teen Abdullah Mazari, ’n linksdraaier van die Balkh Legends in die Afganistanse T20-Premierliga, losgetrek en ses sesse in die beurt gemoker.

Hazratullah Zazai Foto: Verskaf

Die boulbeurt het inderwaarheid 37 lopies opgelewer, aangesien dit ook ’n wydloper ingesluit het.

Zazai is die sesde speler in die geskiedenis en slegs die derde in T20’s om ses sesse in ’n boulbeurt te slaan.

Garry Sobers, Ravi Shastri, Herschelle Gibbs, Yuvraj Singh en Ross Whiteley is die ander.

“Dit is ’n trotse, onvergeetlike oomblik vir my,” het Zazai gesê.

“Dit is ’n baie genotvolle oomblik vir my dat my naam nou saam met soveel groot name van die spel genoem word. Hulle is regtig legendes van die spel.”

Zazai het ook die rekord vir die vinnigste vyftigtal in T20-krieket geëwenaar toe hy die mylpaal van slegs 12 balle bereik het. Yuvraj en Chris Gayle, van die Wes-Indiese Eilande, het dit ook al bereik.

Zazai se 62 van 17 balle was egter nie genoeg vir sy span om oor die wenstreep te kom nie.

Die Legends het met 21 lopies gewen nadat hulle ’n indrukwekkende 244/6 in hul toegelate boulbeurte aangeteken het. Die telling is gebou op Gayle se 80 lopies van slegs 48 balle.

“Dit was vir my onwerklik om voor een van my rolmodelle (Gayle) te presteer,” het Zazai, wat al twee eendagwedstryde vir Afganistan gespeel het, gesê.

“Ek het maar net probeer om my natuurlike spel te speel en het nooit daaraan gedink om iemand te oorskadu nie.” – Reuters


Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Chris Gayle  |  Afganistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.