Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Kiwi (17) herskryf rekordboeke

Die Nieu-Seelandse vrouekrieketspeler Amelia Kerr het Woensdag in Dublin die rekordboeke herskryf, toe sy ’n yslike 232 lopies in ’n eendagwedstryd teen Ierland aangeteken het.

Ewe merkwaardig is dat vrouekrieket se nuwe grootste lopievraat net 17 jaar oud is.

Amelia Kerr. Foto: Getty Images

Kerr het met haar 232* van 145 balle die Australiër Belinda Clark se 229*, wat sy in 1997 teen Denemarke aangeteken het, uit die rekordboeke gevee. Wanneer manspelers se hoogste tellings ook in ag geneem word, is haar telling die derde grootste tot dusver eendagkrieket.

Slegs Indië se Rohit Sharma (264) en die Nieu-Seelander Martin Guptill (237*) voor haar op dié lys.

Boonop het sy die jongste speler in alle formate van die spel geword om ’n dubbele honderdtal aan te teken. Die vorige jongste was die legendariese Pakistani Javed Miandad, wat op die ouderdom van 19 jaar en 140 dae ’n dubbele toetshonderdtal aangeteken het.

Die Silwer Varings het 440/3 in hul 50 boulbeurte aangeteken, waarna Ierland vir 135 uitgeknikker is. Die Nieu-Seelanders was met 305 lopies baas.

Asof dit nie genoeg is nie, het Kerr met haar draaiballe boonop boulsyfers van 5/17 in die Ierse kolfbeurt behaal.

The Guardian berig Kerr het haar rekordtelling gevier deur ’n uiltjie te gaan knip.

“Ek was ’n bietjie seer en het nie gedink ek gaan boul nie,” het sy gesê. “Ek het verwag om die res van die dag in die glippe diens te doen.” – espncricinfo.com, Sportredaksie

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Eendagkrieket  |  Rekord  |  Nieu-Seeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.