Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieketspan loop deur onder weeluise
06 September 2018

Pakistan se voormalige linkshandige toetsaanvangskolwer Imran Farhat het sy ontsteltenis uitgespreek oor die haglike toestand van die kleedkamer en die veld wat aan die krieketspelers toegewys is vir die streektoernooi om die Kaid-e-Azam-trofee, wat tans plaasvind.

Imran Farhat wys sy bytmerke. Foto: Twitter

Hy verteenwoordig Habib Bank Limited (HBL) as ’n aanvangskolwer. Die kolwers het foto’s op Twitter geplaas van die bytmerke aan hul lywe wat deur weeluise in die kleedkamer en op die veld veroorsaak is.

“Vanaf die veld op pad na ’n hospitaal ná ’n aaklige aanval deur weeluise gedurende die wedstryd,” het die voormalige toetsspeler getwiet.

Die aanvangskolwer sê tot sowat agt spelers is erg deur die weeluise beetgepak en voel nie lekker nie weens die swak toestand van die kleedkamer en die veld.

“Almal voel siek en sukkel weens die toestande op die veld. Al die spelers neem antibiotika,” het hy getwiet.

Die toetskolwer het ook ’n video van die kleedkamer getwiet wat aan spanne op die Diamond Ground in Islamabad voorsien is. Die stoele is stukkend, die lugversorger werk nie en die badkamer is vuil. – brecorder.com

Meer oor:  Habib Bank Limited (Hbl)  |  Weeluise  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Islamabad  |  Imran Farhat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.