Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Kuberkrakers teiken Watson
Shane Watson speel vir die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga. Foto: Getty Images

Die Australiese krieketspeler Shane Watson het om verskoning gevra nadat kuberkrakers glo verantwoordelik was vir foto’s van halfkaal vroue en rassistiese uitlatings op sy sosiale media.

s
Watson beskryf die foto’s wat op sy Instagram-rekening gedeel is as 'onwettig'.

FoxSports berig die veelsydige Watson, wat die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga verteenwoordig, sê dat albei sy Twitter- en Instagram-rekeninge die afgelope klompie dae deur kuberkrakers misbruik is.

Skermgrepe wys foto’s van vroue in onderklere wat op sy Instagram-blad gedeel is.

Watson sê kuberkrakers het ook sy Twitter gebruik om rassistiese uitlatings en neerhalende kommentaar oor oorgewig mense te deel.

Die 38-jarige Watson, met meer as twee miljoen volgelinge op dié twee sosialemediaplatforms, het Dinsdagaand sy aanhangers om verskoning gevra.

“Jammer aan almal vir die onwettige foto’s wat op my Instagram-rekening gedeel is,” sê hy op Twitter.

“Eers is my Twitter-rekening Vrydag deur kuberkrakers oorgeneem en vandag Instagram.”

Hy het ook ’n video gedeel waarin hy die voorval as “skandelik” beskryf.

Watson het 59 toetse en 190 eendagwedstryde vir die Aussies gespeel voordat hy internasionale krieket in 2016 vaarwel geroep het.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Shane Watson  |  Eendagkrieket  |  Kuberkrakers  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.