Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: SA bal tref vrouespeler teen kop

Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan het Sondag die eerste van twee opwarmwedstryde voor die T20-Wêreldbekertoernooi gemaklik gewen.

Achini Kulasuriya van Sri Lanka maak gereed om ’n bal te vang van die kolf van Chloe Tryon. Foto: Getty Images
Die bal tref haar teen die kop. Foto: Getty Images
Sy val bewusteloos op die veld neer. Foto: Getty Images
Kulasuriya word op ’n draagbaar van die veld gedra. Foto: Getty Images

Die span het Sri Lanka met 44 lopies in Adelaide geklop.

Die bouler Suné Luus was die uitblinker vir die Suid-Afrikaners met ’n puik 4/20.

Die kolwers het ook hul deel gedoen met Marizanne Kapp wat die meeste lopies behaal het – 44 van 44 balle in Suid-Afrika se beurt van 146/5.

Mignon du Preez (28 van 27 balle) en Laura Wolvaardt (38* van 24 balle) het die Proteas se beurt herbou nadat die aanvangskolwers Lizelle Lee en Dané van Niekerk albei hul paaltjies vroeg verloor het.

Chloe Tryon het die afrondingswerk gedoen met ’n blitsige 23 van 9 balle.

Die Sri Lankane kon net 105/8 in hul 20 beurte aanteken.

Ayabonga Khaka (1/5) en Luus (4/20) was die uitblinkers met die bal.

’n Bal van Tryon het die Sri Lankaanse veldwerker Achini Kulasuriya teen die kop getref en sy is bewusteloos van die veld gedra.

Die Proteas speel Dinsdag nog ’n oefenwedstryd teen Australië.

Die T20-WB begin op 23 Februarie. Suid-Afrika begin sy veldtog teen Engeland in Perth. – Sportredaksie

Meer oor:  Sri Lanka  |  Protea-Vroue  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.