Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: T20-wêreldrekord vir Ackermann

Die Suid-Afrikaanse draaibouler Colin Ackermann het Woensdag ’n nuwe T20-wêreldrekord syne gemaak toe hy sewe paaltjies vir slegs 18 lopies in ’n Engelse graafskapwedstryd laat kantel het.

Die Suid-Afrikaner Colin Ackermann spog nou met die beste boulontleding in T20-krieket. Foto: Getty Images

SuperSport berig Ackermann (28), wat vir Leicestershire speel het die paaltjies platgetrek van Michael Burgess, Sam Hain, Will Rhodes, Liam Banks, Alex Thomson, Henry Brookes en Jeetan Patel in sy span se sege met 55 lopies oor Warwickshire by Grace Road.

Die Maleisiese bouler Arul Suppiah het die vorige rekord gehou met ’n ontleding van 6/5 vir Somerset teen Glamorgan in 2011.

“Dit het nog nie werklik ingesink nie. Ek is seker ek gaan hierdie wedstryd nog lank onthou,” sê Ackermann, ook Leicestershire se kaptein.

Warwickshire is uitgeboul vir 134 nadat Leicestershire ’n wenteiken van 190 daargestel het.

“Ek dink dit was die eerste keer wat die bal werklik by Grace Road gedraai het. Ek het my lengte probeer gebruik om ekstra wip te bewerkstellig.

“Ek wou die kolwers noop om na die groter kant van die veld te speel en ek het my spoed afgewissel.

“Maar ek het nooit in ’n miljoen jaar gedink ek sou ’n nuwe wêreldrekord opstel nie. Ek is veelsydig, maar meer van ’n kolwer as ’n bouler.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Graafskap  |  T20  |  Colin Ackermann  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.