Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Smith, Warner ‘met ope arms verwelkom’
David Warner en Steve Smith. Foto: Getty Images

Steve Smith en David Warner het hulle dae voordat hul skorsing van 12 maande verstryk die eerste keer sedert die balpeuterskandaal in Kaapstad verlede jaar by die Australiese span aangesluit.

ABCSport berig Smith en Warner was op ’n spanvergadering in Dubai in die aanloop tot Australië se reeks van vyf eendagwedstryde teen Pakistan.

Die geskorste duo sal in geen van dié kragmetings meeding nie, maar reis volgende week na hul IPL-franchises en sal na verwagting in die Aussie-span vir die Wêreldbekertoernooi ingesluit word.

Daar is glo op die vergadering gefokus op spankultuur en gedrag, waarna Smith en Warner albei gepraat het oor hoe hartlik hulle deur die groep verwelkom is.

“Dit is wonderlik, dit is asof ons nooit regtig weg was nie,” het Warner aan cricket.com.au gesê.

“Die manne het ons terugkeer aanvaar en ons met ope arms verwelkom.”

Smith en Warner is dit eens dat die onlangse eendagreeks-oorwinning teen Indië ’n positiewe invloed op die span gehad het.

“Dit lyk asof daar goeie energie in die groep is ná die goeie sege teen Indië. Die gemoedere is op ’n hoogtepunt,” sê Smith.

“Dit is wonderlik om terug in die groep te wees. Hulle is regtig verwelkomend.”

Australië poog sedert die voorval in Kaapstad om sy beeld te herstel en weg te doen met die wen-tot-elke-prys-kultuur wat volgens onafhanklike ondersoeke regstreeks tot die verneukspul aanleiding gegee het.

Smith en Warner was die afgelope 12 maande nie deel van hierdie veldtog nie, maar het hul eerste proesel op die spanvergadering gekry. Justin Langer, die afrigter, het dit beskryf as ’n geleentheid om “te herevalueer waar ons is en oor te begin as dit moet”.

Albei spelers is positief oor die vergadering.

“Dit het daaroor gegaan om seker te maak dat ons die span se gedragskode verstaan,” sê Warner.

“Uit die aard van die saak was daar die afgelope 12 maande baie veranderinge en dit is wonderlik.”

Smith sê hy sien uit na wat kom.

“Ek is opgewonde om weer te speel, ek sien uit na ’n groot Wêreldbekertoernooi en ’n reeks om die As in Engeland. Daar lê opwindende tye voor vir die span.”

– Sportredaksie

Meer oor:  David Warner  |  Wêreldbekerkrieket  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Steve Smith  |  Balpeutery  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.