Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Smith, Warner wil kennis oordra
Steve Smith Foto: Getty Images

Die geskorste Australiese toetskolwers Steve Smith en David Warner sal graag hul kennis en ervaring met die volgende geslag krieketspelers wil deel wanneer hulle Saterdag die eerste keer klubkrieket in Sydney speel.

Smith en Warner, wat ook die Australiese toetsspan se kaptein en onderkaptein was voordat hulle weens balpeutery in ’n toets teen Suid-Afrika in Kaapstad geskors is, mag steeds aan oorsese T20-ligas en laevlak-klubkrieket deelneem. Hulle sal eers in Maart vir eersterangse wedstryde in aanmerking kan kom.

Smith sal na verwagting vir sy Sutherland-klub teen Mosman op die Glenn McGrath Oval speel, terwyl Warner vir Randwick-Petersham teen St George op Coogee in aksie sal wees.

“Hopelik kan ek ’n paar laaities meer van die spel leer,” het Smith oor sy hertoetrede tot klubkrieket gesê.

“As ek enige inligting aan die jong outjies kan oordra wat hulle sal help om beter spelers te word, sal ek dit doen. Ons wil Australiese krieket sterk hou en dit begin op hierdie vlak.”

Warner het ook gesê hy is oorgehaal om die jonger, en ouer spelers, in sy span te lei.

Die teenwoordigheid van Smith en Warner het reeds die profiel van klubkrieket verhoog en daar word rekordgetalle toeskouers by die onderskeie wedstryde verwag.

’n Interessante wedstryd sal op 10 November plaasvind wanneer Sutherland en Randwick-Petersham met mekaar sal kragte meet.

Shane Watson, die veelsydige voormalige Australiese speler en aanvangskolwer, sal saam met Smith vir Sutherland in aksie wees.

Smith en Warner het hulself wedstrydfiks gehou deur in T20-ligas op die Karibiese Eilande en in Kanada deel te neem.

Die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh se seun, Austin, is een van Smith se spanmaats in die Sutherland-span.

“Ek wil nie eintlik spesifiek oor Austin kommentaar lewer nie, maar dit sal ’n goeie ervaring vir al die betrokke jong spelers wees. Dit is ’n groot geleentheid wat die spelers se leerkurwe sal versnel.

“Ek ken Steve nie persoonlik nie, maar ek weet hy sal goed voorbereid wees vir die wedstryd. Hy sal ook passievol en toegewyd wees aan die span.” - Reuters

Meer oor:  David Warner  |  Krieket  |  Steve Smith  |  Balpeutery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.