Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Steve Smith ruil kolf vir kitaar
Steve Smith, een van die wêreld se voorste kolwers, tokkel sy kitaar. Foto: Instagram

Die Australiese krieketster Steve Smith het sy musiektalent met sy volgelinge op sosiale media gedeel terwyl hy ’n blaaskans geniet het in Dubai waar hy aan die Indiese Premierliga (IPL) deelneem.

Die Rajasthan Royals-kaptein vaar goed met die kolf, maar sy span het sy afgelope twee wedstryde verloor.

Die Royals het sover twee van sy vier kragmetings in die IPL gewen en Smith blyk heel ontspanne te wees waar hy homself afneem in sy hotelkamer terwyl hy sy kitaar tokkel en sing.

Smith het die video op Instagram gedeel met die onderskrif: “Al wat ek hoef te sien. ’n Bietjie oefening in my vrye tyd hier in Dubai. Skort egter nog baie werk.”

Sy poging het gemengde reaksie gelok.

IPL-spelers bly in afsondering terwyl hulle in die lonende toernooi meeding en dit het hulle oorgenoeg vrye tyd gelaat.

Smith het ook foto’s gedeel van die potjies tennis wat hy tussen IPL-wedstryde geniet.

View this post on Instagram

Love that we can have a hit of tennis in our bio bubble

A post shared by Steve Smith (@steve_smith49) on

– Sportredaksie

Meer oor:  Musiek  |  T20  |  Steve Smith  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.