Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Titans beveg kinder-mishandeling

Lede van die Titans-krieketspan gaan in die komende seisoen probeer om ook kindermishandeling en -teistering vir ’n ses te moker.

Karen Smithies, Titans-spanbestuurder, Henry Davids, Titans-kolwer, en Michiel Jacobsz, woordvoerder vir die Women and Men Against Child Abuse, op Supersportpark waar die Titans hul tuiswedstryde speel. Foto: Simon Sonnekus

Die span het Dinsdag aangekondig hulle gaan vir 2019 se Momentum-eendagreeks, die organisasie Women and Men Against Child Abuse (WMACA) se #MiniMeToo-veldtog ondersteun deur dié hutsmerk op hul moue te dra.

Michiel Jacobsz, woordvoerder van die WMACA, sê die veldtog gaan daaroor om meer gesprekke rondom kindermishandeling aan te wakker.

“Die #MiniMeToo-veldtog is in 2018 begin en die gedagte is om Suid-Afrikaners van alle agtergronde saam te snoer en gesprekke te voer oor die seksuele mishandeling van kinders. Ons wil ook veilige hawes vestig vir ons kinders. Die veldtog volg in die voetspore van die internasionale #MeToo-beweging. As dit so moeilik is vir volwassenes om vorendag te kom oor wat met hulle gebeur het, sal dit soveel moeiliker wees vir kinders. Ons wil vir hulle ’n stem gee,” sê Jacobsz.

Henry Davids, Titans-kolwer, sê sy deelname in die veldtog beteken nie net iets vir sy twee kinders nie, maar vir ouers en kinders oor die land heen. Mense sal hopelik die logo op die hemp sien en meer belang stel in waarvoor ons staan,” sê hy.

Kindermishandeling laat sy bloed kook. “ ’n Tyd gelede was daar ’n geval van ’n jong meisie wat my baie geraak het. Ek het amper mal geword toe ek hoor watter booshede mense kan pleeg. Veral teenoor ’n kind wat haarself nie kan verdedig nie. Dit maak my emosioneel net om daaraan te dink, want ek weet dit kan met enige kind gebeur. Dit is onregverdig, maar ’n veldtog soos hierdie kan troos bring.”

Benewens die hutsmerk, wat die span deur die loop van die toernooi sal dra, sal die Titans ook die WMACA huisves by al hul tuiswedstryde.

“Die Titans het hier opgestaan en gesê hulle sal met ons hande vat. Basies is dit hul helde wat hulle by ons veldtog aansluit as ambassadeurs wat besef dit is belangrik om oor sulke kwessies te praat. Jy kan sê hulle dra amper letterlik hul hart op hul mou,” sê Jacobsz.

Henry Davids, Titans-kolwer, sê hy is trots om deel te wees van die #MiniMeToo-veldtog wat deur die Women and Men Against Child Abuse begin is. Die Titans sal die hutsmerk op hul moue vir 2019 se Momentum-eendagreeks dra. Foto: Simon Sonnekus

Meer oor:  Titans  |  Krieket  |  Kindermishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.