Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warner maak jong aanhanger se dag
David Warner vier Woensdag sy honderdtal op sy kenmerkende wyse. Foto: Getty Images

Die Australiese aanvangskolwer David Warner het Woensdag in sy span se Wêreldbekerwedstryd teen Pakistan van ’n “skurk” in ’n “held” verander.

Warner het met ’n uitstekende honderdtal eers Pakistan se harte gebreek, voordat hy ’n jong ondersteuner se dag gemaak het deur sy Speler van die Wedstryd-prys aan hom te gee.

Sy kolfbeurt van 107 (111 balle) by Taunton was deurslaggewend in die Aussies se sege met 41 lopies.

Stuff berig Warner was ná afloop van die kragmeting besig om handtekeninge uit te deel toe hy die jong aanhanger gewaar.

Die omstrede Aussie het sy prys – ’n replika van die Wêreldbekertrofee in ’n gegraveerde houtboksie – aan die seun oorhandig.

“Ek voel regtig fantasties, dit is baie lekker,” het die seun oor die voorval gesê.

“Ons was net besig om die vlag te waai toe kom hy na ons en gee die prys vir my.”

Warner was die afgelope jaar deur die krieketwêreld as ’n uitgeworpene beskou weens sy aandeel in die balpeuterskandaal in Suid-Afrika. Hy is in Maart 2018 vir 12 maande geskors in die nadraai van die verneukspul in die derde toets teen die Proteas in Kaapstad.

Hy is uitgewys as die argitek van die plan om skuurpapier te gebruik om die toestand van die bal te verander. Die span se voormalige kaptein Steve Smith en aanvangskolwer Cameron Bancroft is ook vir die skandaal gestraf.

“Ek sou altyd terugkeer na internasionale krieket indien ek gekies is,” sê Warner.

“My vrou en my kinders het my aanhou motiveer. Ek het groot ondersteuning by die huis van my gesin gekry. My vrou is my rots, sy is ongelooflik.

“Sy verdien baie krediet. Sy is ’n sterk vrou en sy het my gemotiveer om uit die bed uit klim in daardie eerste 12 weke, my aangemoedig om weer te oefen en fiks te word.”

David Warner se vrou, Candice. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  David Warner  |  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Balpeutery  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.