Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA stel nuus-konferensie tot Saterdag uit
Thabang Moroe, Krieket Suid-Afrika se beleërde uitvoerende hoof, sal die media vanaand te woord staan. Foto: Gallo Images

Thabang Moroe, uitvoerende hoof van Krieket-Suid-Afrika, en die president van dié beheerliggaam, Chris Nenzani, sou die media Dinsdagaand te woord staan oor die chaos wat tans in SA krieket heers, maar het die nuuskonferensie op die nippertjie tot Saterdag uitgestel.

KSA het 'n paar uur nadat hy 'n uitnodiging gerig het aan die media om 'n nuuskonferensie om 18:00 by sy hoofkwartier by te woon, 'n e-pos uitgestuur waarin hy sê dis nou tot Saterdagmiddag uitgestel.

Die rede wat hiervoor aangevoer word, is dat KSA se raad Saterdagoggend gaan vergader en dat verskeie belangrike besluite geneem sal word.

KSA sê in sy e-pos hy sal hieroor terugvoer gee in Saterdag se nuuskonferensie. Hierdie konferensie sal ook regstreeks op YouTube uitgesaai word.

Meer oor:  Krieketskrywers  |  Ksa  |  Chris Nenzani  |  Thabang Moroe  |  Krieket Suid-Afrika  |  Akkreditasie  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.