Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kykers verkyk hulle aan T20-WB vir vroue

Die T20-Wêreldbeker-toernooi vir vroue wat vroeër vanjaar in Australië beslis is, het die tweede meeste kykersgetalle tot nog toe van enige toernooi van die Internasionale Krieketraad (IKR) opgelewer.

Die Australiërs Beth Mooney (links) en Alyssa Healy tydens die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi in Melbourne. Foto: Getty Images

Daar is Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak dat 1,1 miljard mense die toernooi op die IKR se verskillende digitale kanale gevolg het. Dit beteken dat die toernooi een van die grootste vrouesportbyeenkomste tot dusver was (gemeet aan kykersgetalle).

Slegs 2019 se Wêreldbeker-kriekettoernooi vir mans is deur meer kykers gevolg.

Die 1,1 miljard toeskouers is 20 keer meer as die getal kykers wat na die vorige toernooi in 2018 in die Wes-Indiese Eilande gekyk het. Die vorige suksesvolste IKR-vrouetoernooi was die Wêreldbeker van 2017 in Engeland en Wallis. Dié toernooi het tien keer minder kykersgetalle as vanjaar s’n gehad.

Bywoningsyfers by die stadions was ook hoog, met 86 174 toeskouers wat die eindstryd in Melbourne bygewoon het. Die Aussies het Indië daarin met 85 lopies verslaan.

’n Ongelooflike 9,02 miljoen mense in Indië het die eindstryd gevolg. Dit is 154% meer as die wedstryd wat die tweede meeste kykers getrek het: Die openingswedstryd tussen die einste twee spanne.

In Australië het 1,2 miljoen mense die eindstryd gevolg, wat dit sesde plaas op die lys van mees gekykte krieketwedstryde in die geskiedenis van die Australiese uitsaaiwese. – Sportredaksie

Meer oor:  Vrouekrieket  |  T20-Wêreldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.