Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kyle gee Kiwi’s hoop in toets-eindstryd
Hoe is daai? Die Kiwi-hemelbesem Kyle Jamieson appelleer suksesvol en betrap Virat Kohli (44) been voor paaltjies. Foto: Getty Images

Die Kiwi-hemelbesem Kyle Jamieson het Sondag met sy vyfde vyftal aan paaltjies in slegs sy agtste toets geskitter vir Nieu-Seeland in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap in Southampton.

Indië is, met Jamieson (5/31) aan die spits, vir net 217 lopies in sy eerste beurt uitgeboul nadat hy die derde dag met sy telling op 146/3 begin het.

Nieu-Seeland het in sy eerste kolfbeurt tot op 101/2 gevorder, met die gebore Suid-Afrikaner Devon Conway wat 54 aangeteken het toe spel deur swak lig gestaak is.

Die paaltjie van Virat Kohli, wat nie ’n lopie by sy oornagtelling van 44 kon voeg nie, het die lenige Jamieson vroeg in die regte stemming gehad.

Die Kiwi-boulers het die oggendskof, waarin vier paaltjies gekantel het, oorheers.

Die 26-jarige Jamieson het Kohli, sy kaptein by die Bangalore Royal Challengers, been voor paaltjies betrap en van die inkomende kolwer Rishabh Pant (4) ontslae geraak. Neil Wagner (2/40) het daarna seker gemaak dat die ander oornagkolwer, Ajinkya Rahane (49), ook nie sy vyftigtal kry nie.

Jamieson het hom ná middagete op ’n driekuns met die paaltjies van Ishant Sharma en Jasprit Bumrah van agtereenvolgende aflewerings bevind. – Sportredaksie

Meer oor:  Virat Kohli  |  Kyle Jamieson  |  Nieu-Seeland  |  Indie  |  Wêreld-Toetskampioenskap  |  Krieket  |  Snelbouler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.