Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KZN Binneland kry Grey se afrigter
Cameron Delport in aksie vir Essex se graafskapspan in Engeland. Foto: Getty Images

Michael Smith, direkteur van krieket by Grey High in Gqeberha, is as KZN Binneland se breier vir die komende seisoen aangestel.

Hy is nie ’n onbekende in die streek nie en was voorheen vir drie jaar direkteur van krieket by Maritzburg College.

Smith is ook as ’n hulpafrigter betrokke by Islamabad United in die Pakistanse Superliga (PSL). Die voormalige Protea-draaier Johan Botha is dié span se hoofafrigter.

Smith het KZN Binneland ook vroeër bygestaan in ’n toernooi om die Afrika-T20-beker toe Shane Burger die afrigter was.

Dié span se groep is vroeër vandeesweek aangekondig en die kolwer Cameron Delport is een van die bekendes in sy geldere.

KZN Binneland se gekontrakteerdes: Cameron Delport, Tshepang Dithole, Keith Dudgeon, Michael Erlank, Tian Koekemoer, Kurtlyn Mannikam, Andile Mogakane, Thula Ngcobo, Zac Paruk, Luke Schlemmer, Cameron Shekleton. – Sportredaksie

Meer oor:  Durban  |  Port Elizabeth  |  Grey  |  Afrigter  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.