Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lawrence nou Cranes se nuwe breier
Lawrence Mahatlane in gesprek met sy spelers by Tukkies. Foto: Gallo Images

Dit was ’n te goeie geleentheid om te laat verbygaan.

Só sê Lawrence Mahatlane, voormalige afrigter van die Suid-Afrikaanse o.19-krieketspan, wat hoop om die Cranes van Uganda nou vlerke te gee.

Die 43-jarige Mahatlane is die naweek as afrigter van Uganda se nasionale krieketspan aangestel.

Hy neem die leisels by die voormalige Keniaanse speler Steve Tikolo en sy kontrak is vir drie jaar.

Mahatlane sê hy hoop om hom so spoedig moontlik by die Cranes aan te sluit.

“Ek wag om te hoor van die Ugandese regering. As dit nie was vir die Covid-19-pandemie nie, was ek al ’n ruk daar.”

Hy volg in die voetspore van Suid-Afrikaners soos Peter Kirsten, Shukri Conrad, Barney Mohamed en Johan Rudolph wat Uganda voorheen bygestaan het.

Mahatlane het volgens die Daily Monitor13 kandidate van onder meer Australië, Indië, Kenia en die Verenigde Arabiese Emirate vir die pos uitgestof.

Mahatlane sê hy het nie heraansoek gedoen vir sy pos as breier van die Suid-Afrikaanse o.19’s nie nadat sy kontrak na vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika verstryk het.

Hy was vir ses jaar en in drie Wêreldbeker-toernooie betrokke by hulle.

Mahatlane het in 2014 die leisels by die jonges geneem by Ray Jennings wat sy termyn met ’n wêreldbeker onder die arm afgesluit het.

Die SA span het in 2016 in Bangladesj 11de en in 2018 in Nieu-Seeland vyfde geëindig. Hy moes vanjaar as gasheer met ’n teleurstellende agtste plek tevrede wees.

Malibongwe Maketa, voormalige hulpafrigter van die Proteas, word as ’n gunsteling beskou om Mahatlane as die o.19’s se afrigter te vervang.

Hy het die jonges reeds op vanjaar sê Wêreldbeker-toernooi as hulpafrigter bygestaan.

Maketa het vir twee van die drie afrigtersposte by Krieket Suid-Afrika aansoek gedoen.

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Uganda  |  Eendagkrieket  |  Lawrence Mahatlane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.