Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lederaad se laaste verset teen raad
Rihan Richards is onbestrede tot president verkies.

Tot die bitter einde het Krieket Suid-Afrika (KSA) se lederaad die lewe vir die tussentydse raad probeer moeilik maak.

Die lederaad – bestaande uit die 14 uniepresidente – het op gister se jaarvergadering kapsie gemaak teen een van die mense wat die tussentydse raad se benoemingspaneel wou aanstel as onafhanklike direkteur in die nuwe raad.

Die twisappel was dat Norman Arendse een van die agt onafhanklike raadslede was wie se naam Mohammed Seedat, lid van die benoemingspaneel, uitgelees het.

Boland se Angelo Carolissen, wat sy kandidaatskap as nie-onafhanklike raadslid teruggetrek het, het eerste sy teenkanting uitgespreek.

Ander lederaadslede het hom gesteun omdat Arendse, ’n gewese KSA-president, na bewering betrokke was by die aanstel van Thabang Moroe, wat sedertdien as uitvoerende hoof afgedank is.

Seedat het toe gesê die benoemingspaneel sal Arendse se aanstelling heroorweeg.

Die lederaad het egter geen gronde waarop hy Arendse se aanstelling kan weier nie. Die kans is dus goed dat hy wel in die raad sal dien.

“Ons bekommernisse het op die ou einde geen impak op wat die benoemingspaneel besluit nie,” het Rihan Richards gesê.

Richards, wat waargeneem het as lederaadpresident, is onbestrede tot president verkies nadat Donovan May van die OP hom aan die wedloop onttrek het. May is as adjunkpresident verkies.

Nie een van hulle dien egter in die raad nie.

Die voorsitter van die raad sal later uit die geledere van die onafhanklike raadslede gekies word.

Die sewe onafhanklike raadslede wat reeds aangestel is, is Lawson Naidoo, Simosezwe Dugmore Lu­shaba, Muditambi Ravele, Andrew Hudson, Mark Rayner, Andisa Ntsubane en Steven Budlender.

Die vyf nie-onafhanklike raadslede wat gister verkies is, is Daniel Govender, John Mokgodi, Tebogo Siko, Craig Nel en Grens se omstrede Simphiwe Ndzundzu, wat die president van ’n bykans bankrot-unie is.

Ndzundzu is eers ná ’n tweede stemming verkies nadat hy aanvanklik net soveel stemme soos Gauteng se Anne Vilas op hom verenig het.

Meer oor:  Norman Arendse  |  Ksa  |  Tussentydse Raad  |  Rihan Richards  |  Lederaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.