Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lederaad wil nie sy mag inboet

’n Groot rede vir die besluit van Krieket Suid-Afrika (KSA) se lederaad verlede week om nie Nathi Mthethwa, minister van sport, se tussentydse raad te erken nie, is die vrees dat hy sy mag gaan verloor.

Die lederaad – die hoogste krieketgesag in die land bestaande uit die 14 uniepresidente – het Maandag ’n ommeswaai gemaak en wél die tussentydse raad erken. Bra teësinnig.

Nathi Mthethwa, die minister van sport. Foto: Gallo Images

Rapport verneem die lederaad is bekommerd oor die tussentydse raad se plan om die Nicholson-aanbevelings vir ’n meer onafhanklike raad van direkteure in werking te stel.

Volgens KSA se huidige akte van inlywing (grondwet) moet sewe lederaadslede as “nie-onafhanklike” direkteure in die raad dien. Daar dien dan ook vyf onafhanklike direkteure in die raad.

Die tussentydse raad wil dit volgens die Nicholson-aanbevelings van 2012 verander sodat daar ’n oorgrote meerderheid onafhanklike direkteure in die raad dien.

“Hulle besef in die toekoms gaan daar minder setels vir hulle wees,” sê ’n bron.

“Hulle sal voortaan slegs drie setels in die raad hê. Die ander ses sal onafhanklike direkteure wees.

“Tans is daar verskeie van hulle wat veg om ’n setel in die raad te kry.” – Leighton Koopman

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.