Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Darren Lehmann weer Heat se breier

Darren Lehmann is Donderdag aangewys as die afrigter van die Big Bash League-krieketspan Brisbane Heat.

Darren Lehmann tydens sy bedanking as Australië, se afrigter verlede jaar in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Dis sy eerste proesel krieket ná die berugte balpeuterskandaal verlede jaar op Nuweland in Kaapstad, waarby Lehmann, toe die Australiese afrigter, en drie spelers betrek is.

Hy keer terug na die Heat, die span wat hy in 2013 tot die Big Bash-titel gebrei het, en beskou dit as ’n kans om “terug te kom waar alles begin het”.

“Ek dink jy leer baie oor jouself in donker tye en vir my gaan dit daaroor om die spel te geniet,” het hy aan verslaggewers gesê.

Ek dink jy leer baie oor jouself in donker tye.
Darren Lehmann

Lehmann was Australië se afrigter in Maart verlede jaar toe die kolwer Cameron Bancroft uitgevang is dat hy die bal met sandpapier bewerk het in die derde toets teen Suid-Afrika in Kaapstad.

Die kaptein, Steve Smith, en sy adjudant, David Warner, is saam met Bancroft lang skorsings opgelê. Lehmann het kort daarna as afrigter bedank.

“Dit het baie mense seergemaak, het dit nie? Almal van ons wat betrokke was,” het Lehmann gesê toe hy daaroor gepols is.

Die 49-jarige sê hy sien nie kans om weer die nasionale span te brei nie.

“Nee, ek reis nie weer 300 dae in ’n jaar nie. Ek dink nie my vrou sal dit toelaat nie.” – Reuters

Meer oor:  Darren Lehmann  |  Big Bash  |  Balpeutery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.