Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Leus kolf kontrak by Derbyshire los

Leus du Plooy, ’n voormalige Knights-speler wat die afgelope seisoen teruggekeer het na die Titans – waar hy sy krieket geleer het – het ’n kontrak van twee jaar met die Engelse graafskap Derbyshire gesluit.

Leus du Plooy / Foto: Gallo Images

Hy het na verneem word ’n Britse paspoort, wat hom toelaat om daar te speel.

Die 24-jarige Du Plooy het die afgelope seisoen 647 lopies vir Noordelikes in die provinsiale meerdagreeks aangeteken wat vier honderdtalle ingesluit het.

Hy het 119 in Noordelikes se eerste beurt aangeteken in die meerdagreeks se eindstryd teen die Oostelike Provinsie, wat onbeslis in Port Elizabeth geëindig het.

Hy het ook 155 van 122 balle in Noordelikes se laaste eendag-ligawedstryd teen die Westelike Provinsie gemoker en dit met ’n onoorwonne 85 in die eindstryd teen Oostelikes opgevolg.

Hy sal volgens derbyshireccc.com vandeesweek by die graafskap in Engeland aansluit.

Du Plooy is ook ’n bedrewe linkerhandse draaier.

Hy sal ook onthou word vir die 142 wat hy in 2016 vir ’n Suid-Afrikaanse Uitnodigingselftal teen Sri Lanka in Potchefstroom aangeteken het.

Meer oor:  Graafskap  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.