Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lewis van Duckworth-Lewis oorlede

Tony Lewis, een van die skeppers van die Duckworth-Lewis (DL)-stelsel – daardie onverstaanbare formule wat in werking kom wanneer krieketwedstryde deur reën ontwrig word – is in die ouderdom van 78 oorlede.

Tony Lewis (regs) en Frank Duckworth het die Duckworth-Lewis-stelsel geskep. Foto: Getty Images

CricInfo berig die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het die nuus van die voormalige universiteitslektor se afsterwe in ’n verklaring bevestig.

“Krieket is baie verskuldig aan Tony en Frank se bydrae tot die sport. Ons diepste medelye met Tony se gesin,” sê die ECB.

Lewis en sy mede-wiskundige Frank Duckworth het die DL-stelsel in 1997 bekendgestel en dit is amptelik in 1999 deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aanvaar.

Die formule is gebore uit ’n behoefte weens die kritiek ná afloop van die Wêreldbeker-halfeindstryd in 1992 toe Suid-Afrika deur ’n klugtige wenteiken in ’n reën-geteisterde kragmeting teen Engeland gekasty is.

Die Proteas het 23 lopies van 13 balle benodig om die eindstryd te haal, maar ná ’n reënonderbreking is hulle gevra om 22 lopies van ’n enkele aflewering te moker.

Suid-Afrika is uitgeboender en die Engelse het tot die eindstryd gevorder.

Daar is mettertyd aan die DL-stelsel geskaaf en dit is in 2014 na die Duckworth-Lewis-Stern (DLS)-stelsel hernoem.

Die IKR het in 2018 ’n opgedateerde weergawe van die DLS-stelsel bekendgestel.

– Sportredaksie 

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.