Die Lions het ondanks ’n totaal van net 210 lopies teen die Warriors hul tweede Groep B-wedstryd in die plaaslike eendagreeks ook gewen.
Die Lions het onoorwonne in die groep gebly deur die Oos-Kapenaars Sondag vir net 168 in Potchefstoom uit te knikker.

Nicky van der Bergh het Sondag vir die Lions met die kolf uitgeblink in hul eendagstryd teen die Warriors in Potchefstroom.Foto: Gallo Images
Die eerste sewe paaltjies in die Warriors se kolfbeurt is almal deur naatboulers die Eldred Hawken, Delano Potgieter, Sisanda Magala en Malusi Siboto geneem, wat elk twee paaltjies laat kantel het.
Potgieter is as Speler van die Wedstryd aangewys nadat hy sy 57 lopies, wat die enigste ses in die wedstryd ingesluit het, met boulsyfers van 2/19 opgevolg het.
Nicky van den Bergh (73) en Potgieter se vennootskap van 129 lopies om vyfde paaltjie was die verskil in die wedstryd.
Hulle het met die Lions se telling op 47/4 vasgeskop.
Lesiba Ngoepe (33) het weliswaar in die boulbeurt van Hawken (2/29) oorleef, maar die aanvangsbouler het hom aan die einde van dié boulbeurt op ’n driekuns bevind nadat hy vir Yaseen Vallie (5) en Jon-Jon Smuts (0) met agtereenvolgende aflewerings geboul het.
Mthiwekhaya Nabe (4/31) het die Lions daarna op 176/4 in duie laat stort toe hy in agtereenvolgende boulbeurte van Van den Bergh en Potgieter ontslae geraak het.
Alles het in die vyfde beurt van die Warriors se kolfbeurt vir hulle begin skeefloop.
Lesiba Ngoepe (33) het weliswaar in die boulbeurt van Hawken (2/29) oorleef, maar die aanvangsbouler het hom aan die einde van dié boulbeurt op ’n driekuns bevind nadat hy vir Yaseen Vallie (5) en Jon-Jon Smuts (0) met agtereenvolgende aflewerings geboul het.
Die druk het begin oplaai toe nog ’n groot vis, Rudi Second, net daarna ook vir ’n nulletjie uit is.
Potgieter se twee paaltjies het die Warriors op 75/6 aan die steier gehad.
Die voormalige Lions-kolwer Wihan Lubbe (42) het saam met Aya Gqamane (29) 52 lopies om die sewende paaltjie versamel en effense aansien aan die Oos-Kapenaars se beurt verleen.
Die Warriors het aan die einde net-net daarin geslaag om die Lions van ’n tweede bonuspunt in twee wedstryde te ontsê.
Die volgende Groep B-wedstryd is Woensdag tussen die Warriors en die Cape Cobras. Dié twee spanne speel dan Donderdag wéér teen mekaar.