Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lions het met Sipamla nou 10 Proteas in groep

Die Warriors se Protea-bouler Lutho Sipamla is een van die Lions se vier aanwinste vir die komende krieketseisoen.

Die 21-jarige Sipamla het sy Protea-buiging met ’n T20-wedstryd vir Suid-Afrika teen Pakistan in Februarie 2019 in Johannesburg gemaak en hy het nou reeds in vyf T20-wedstryde vir sy land gespeel.

Lutho Sipamla. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se laaste wedstryd van die afgelope seisoen, die derde eendagwedstryd teen Australië in Potchefstroom, was sy vierde internasionale eendagwedstryd nadat hy aan die begin van die jaar teen Engeland in Kaapstad sy buiging gemaak het.

Met hom in Johannesburg sal die Lions 10 Proteas in hul groep hê, waarvan ses nasionale kontrakte het.

Sipamla se Warriors-spanmaat Sisanda Magala gaan saam met hom van die Baai na die Goudstad verhuis.

Die 29-jarige Magala het al vir Suid-Afrika A gespeel, maar nog nie vir die Proteas nie.

Hy was die afgelope seisoen ’n keer of wat in die nasionale groep ingesluit, maar het toe nie die verlangde fiksheidstoetse geslaag nie. Hy was ook een van die vier spelers wat voor die witbalreekse teen Engeland gestuur is na die kondisioneringskamp wat in Pretoria gehou is.

Magala het ondanks sy terugslae die kortgeknipte seisoen afgesluit met boulsyfers van 6/24 in die Warriors se laaste eendagwedstryd teen die Cape Cobras in Oos-Londen, wat sy beste vertoning tot nog toe in ’n plaaslike eendagwedstryd was.

Die mokerman Wesley Marshall (Titans) en bouler Tladi Bokako (Cobras) is die Lions se ander twee aanwinste.

Die Lions-kolwer Wihan Lubbe kan hom op sy beurt by die Warriors aansluit.

Oor die naweek is berig die Lions-voorslagbouler Migael Pretorius sal sy loopbaan by die Knights voortsit.

Lions vir 2020-’21: Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, Kagiso Rabada, Reeza Hendricks, Dwaine Pretorius, Beuran Hendricks, Aaron Phangiso, Nicky van der Bergh, Bjorn Fortuin, Wiaan Mulder, Dominic Hendricks, Nono Pongolo, Ryan Rickelton, Eldred Hawken, Kagiso Rapulana, Delano Potgieter, Joshua Richards, Malusi Siboto, Lutho Sipamla, Sisanda Magala, Wesley Marshall en Tladi Bokako.

Meer oor:  Lions  |  Krieket  |  Lutho Sipamla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.