Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lions kolf rekord los op Wanderers

Die Lions-krieketspan het Donderdag die rekordboeke herskryf toe hy die hoogste vierdebeurt-telling nóg op die Wanderers aangeteken het om ’n wedstryd te wen.

Dominic Hendricks is vroeër vandeesmaand vir die Lions in aksie. Sy 118 het sy span gehelp om die rekordboeke op die Wanderers te herskryf. Foto: Gallo Images

Die tuisspan het die Knights, wat onoorwonne in Johannesburg aangekom het, met vier paaltjies getroef.

Die Lions, op soek na ’n wenteiken van 334 lopies, het uiteindelik 336/6 aangeteken. Dit was grootliks aan ’n yslike aanvangsvennootskap van 256 tussen Dominic Hendricks (118 van 217 balle; 16x4) en Joshua Richards (136 van 181 b; 19x4, 1x6) te danke.

Die Lions het die laaste dag op 166 sonder verlies begin.

Die vorige hoogste suksesvolle jaagtog op die Wanderers was Australië 310/8 in 2011 om die toets teen die Proteas te wen en die reeks te deel.

• Die Titans is ook húl onoorwonne status kwyt nadat die Warriors met drie paaltjies op SuperSportpark in Centurion geseëvier het.

Die Warriors, wat 218 lopies vir ’n oorwinning moes aanteken, het die wenteiken met sewe paaltjies plat bereik.

’n Vennootskap van 71 lopies tussen Matthew Breetzje (34) en Yaseen Vallie (55) om die tweede paaltjie het ’n goeie grondslag gelê, maar die Warriors het daarna met reëlmaat paaltjies verloor.

Rudi Second (38) en Lesiba Ngoepe (37) se bydraes het egter die Warriors gehelp om die wa deur die drif te trek.

Neil Brand (4/37) en Dayyaan Galiem (3/34) het deurgaans die druk op die kolwers gehou.

Vir Aiden Markram was dié kragmeting ’n bittersoet ervaring. Hy het twee honderdtalle aangeteken, maar helaas was dit nie genoeg om die tuisspan op die wenpad te hou nie.

• Die Dolphins se wedstryd teen die Cape Cobras het soos verwag onbeslis geëindig.

Die Cobras was in die moeilikheid op 155/6 toe spel tot ’n einde gekom het.

Die Dolphins het hulself met slegs twee sessies gelaat om die Cobras uit te boul nadat hulle hul tweede beurt op 217/4 gesluit verklaar het.

Die Dolphins se linksdraaier Senuran Muthusamy (4/56) het op die laaste dag die meeste skade met die bal aangerig.

Vroeër het Sarel Erwee, Muthusamy en Keegan Petersen al drie tellings van 56 aangeteken in die Dolphins se tweede beurt.

Dit is nou 14 wedstryde, wat tot die voorlaaste ronde van die meerdaagse reeks in die 2018-’19-seisoen terugstrek, sedert die Kapenaars ’n meerdaagse wedstryd kon wen.

Meer oor:  Johannesburg  |  Titans  |  Meerdagreeks  |  Lions  |  Krieket  |  Warriors  |  Cobras  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.