Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lions staan kans op 2de sege

’n Opwindende einde wag dalk Donderdag in een of twee van die drie plaaslike meerdag-krieketwedstryde.

Die Lions het op die laaste dag teen die Knights in Kimberley die beste kans op ’n moontlike oorwinning.

Die besoekers sal op 89/3 in hul tweede beurt, met ’n voorsprong van reeds 232, voortkolf.

Die Knights het hul eerste beurt Woensdag op 173/3 voortgesit en toe 325 gekry nadat die Lions vroeër 468/4 in hulle eerste beurt opgestapel het.

Die 19-jarige Gerald Coetzee het gewys hy is ’n speler vir die toekoms. Foto: Gallo Images

Die Knights het met die vertrek van hul kaptein, Pite van Biljon (48), op 253/5 tot op 257/8 ineengestort en dit het gelyk of hulle sou opvolg.

Die jong Gerald Coetzee (48) het ander planne gehad en saam met die laaste twee kolwers, Tshepo Ntuli (9, 55b) en Mbulelo Budaza (8), die opvolgbeurt afgeweer.

Coetzee (1/20) se beenskutte was skaars af toe hy met die tweede aflewering in die besoekers se tweede beurt Joshua Richards vir ’n nulletjie uitgehaal het.

Die Lions het kort daarna 45/3 in hul tweede beurt gehad, maar met Dominic Hendricks (33*) en Rassie van der Dussen (26*) mooi herstel.

* In Pietermaritzburg het nog ’n belowende jong speler, Janneman Malan van die Cape Cobras, met 118 teen die Dolphins weer gewys hy is vir hoër louere beskore.

Janneman Malan het sy 10de honderdtal in sy 33ste eersterangse wedstryd aangeteken.Foto: Gallo Images

Die 23-jarige Malan het reeds twee T20-wedstryde vir die Proteas gespeel, maar met sy 10de eersterangse honderdtal gewys hy nie net ’n witbalspeler nie.

Matthew Kleinveldt (137*) wat saam met hom 221 lopies om die tweede paaltjie aangeteken het, het ook voortgegaan om sy 100ste wedstryd met ’n honderdtal te vier.

Die Kapenaars het 325/3, net soveel soos as wat die Dolphins (325/9) in hul eerste beurt aangeteken het.

Die kragmeting is Woensdag weer deur reën ontwrig en sal waarskynlik onbeslis eindig

* Die Titans se kaptein, Grant Thomson (101), het sy tiende eersterangse honderdtal aangeteken teen die Warriors in Port Elizabeth.

Die besoekers het op 140/3 voortgekolf in hul eerste beurt en toe 343 in antwoord op die 364/9 van die Warriors aangeteken.

Die Warriors het in hul tweede beurt uitskeityd 139/1, ’n voorsprong van 160 lopies, gehad.

Meer oor:  Janneman Malan  |  Gerald Coetzee  |  Suid-Afdrika  |  Lions  |  Krieket  |  Cobras  |  Knights  |  Titans  |  Meerdagreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.