Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Longtoestand laat Hastings krieket groet

John Hastings, ’n voormalige veelsydige krieketspeler van Australië, sal weens ’n longtoestand onbepaald ophou krieket speel.

Die toestand veroorsaak dat sy longe begin bloei elke keer as hy boul en dit kan hom doodmaak, het Hastings (32) Vrydag gesê.

John Hastings het weens ’n longtoestand, wat veroorsaak dat sy longe bloei as hy boul, sy uittrede uit alle krieket aangekondig. Foto: Getty Images

Hastings het gesê hy is deur ’n moeilike tyd die laaste paar maande aangesien doktors nog steeds nie die probleem kon diagnoseer nie.

“Elke keer wat ek myself reggemaak het om te boul het ek bloed gehoes. Ek sal nie in staat wees om vanjaar of in die toekoms te boul nie, tensy die probleem uitgesorteer word,” het Hastings gesê.

“Tensy ’n wonderwerk gebeur, sal ek nie kan boul nie. Daar kan nie aan my die versekering gegee word dat ek nie op die veld kan doodgaan of langtermynskade aanrig nie.”

Hastings het een toetswedstryd, 29 eendagwedstryde en nege T20-wedstryde vir Australië gespeel en het in 2017 sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Hy het gesê die toestand, wat jare gelede begin kop uitsteek het, maar hierdie jaar vererger het, het hom gebreek aangesien dit hom nie affekteer tydens ander fisieke aktiwiteite soos boks of roei nie.

“Ek het dit nou aanvaar, maar die laaste vier of vyf maande was taai,” het Hastings bygevoeg.

“Ek speel al my lewe lank krieket en ek wou aanhou speel. Ek wou in toernooie oor die wêreld heen speel.

“Dit is een van die redes hoekom ek so vroeg uit eendag- en meerdagkrieket getree het. Dis moeilik om te sien hoe dit nou wegglip.” – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Bloed  |  Krieket Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.