Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Loots en Noord-Kaap se paadjies skei

Geoff Toyana en Quinton Friend is van die krieketlui wat reeds belangstelling toon om die Noord-Kaap (Griekwas) volgende seisoen af te rig, nadat die paadjies van dié krieketraad en Loots Bosman geskei het.

Loots Bosman in sy speeldae vir die Proteas. Foto: Gallo Images

Die raad het die gerugte van die laaste week of wat Woensdag bevestig. Bosman het ’n kontrak van twee jaar gehad en daar is wedersyds besluit om hom daarvan vry te stel.

Die feit dat Noord-Kaap in die 2020-’21-seisoen een van die deelnemende provinsies in die nuwe plaaslike krieketstruktuur sal wees wat die huidige franchisestelsel gaan vervang, sal die pos baie aanloklik maak.

Noord-Kaap gaan glo nie nou al die pos vir die 2019-’20-seisoen adverteer nie. Hy sal ’n afrigter of twee uit sy eie nader.

Noord-Kaap sê in ’n verklaring hy sal binnekort ’n aankondiging oor ’n opvolger maak.

Die 42-jarige Bosman was voorheen die span se keurderbaas voordat hy die hoofafrigter geword het.

Hy het in sy speeldae 14 eendagwedstryde en 14 T20-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. – Johann de Jager

Meer oor:  Krieket  |  Loots Bosman  |  Noord-Kaap  |  Geoff Toyana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.