Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lungi oor kniel: ‘G'n tweespalt in span’

Net omdat elke Protea ’n ander manier gekies het om die Windies se veldtog teen rassisme te steun, beteken nie dat daar verdeeldheid in die span is nie.

Lungi Ngidi sê almal in die span was gemaklik daarmee dat die spelers self kon kies of hulle Donderdag voor die begin van die eerste toets in St. Lucia wou kniel of nie.

Kagiso Rabada was een van ses Proteas wat voor die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande gekniel het. Foto: West Indies Cricket

Ngidi, Kagiso Rabada, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne, Keegan Petersen en Keshav Maharaj het almal gekniel. Anrich Nortjé, Dean Elgar, Wiaan Mulder en Aiden Markram het ’n vuis in die lug gesteek. Quinton de Kock het op aandag gestaan.

Ngidi sê almal in die span aanvaar mekaar se besluite.

“Daar is glad nie verdeeldheid nie. Ons kom uit ’n diverse land,” sê Ngidi.

“Dit sal nie regverdig van my wees om oor ander mense se keuses te praat nie. Ek was al baie duidelik oor my standpunt, maar jy kon aan ons manier van speel sien dat ons nie verdeeld is nie.

“Almal is bly vir almal en al wat ons wil doen, is om goed vir Suid-Afrika te vertoon.”

Ngidi is verlede jaar beskou as die “gesig” van Black Lives Matter in Suid-Afrika nadat hy steun vir dié beweging in sport op ’n mediakonferensie uitgespreek het. Sedertdien was dit ’n warmpatat in krieketkringe en die Proteas het nie regtig geweet hoe om dit te hanteer nie, totdat hulle besluit het dat elke speler op sy eie gebaar kan besluit.

“Die gesprekke voor die tyd was dat elkeen ’n keuse het. Wat jy ook al wou doen, kon jy doen. Dit is so eenvoudig soos dit.”

Op die speelveld was Ngidi (5/19) Donderdag ’n doring in die Windies se vlees. Hy het die Proteas gehelp om die tuisspan vir 97 uit te knikker.

Anrich Nortjé se spanmaats wens hom ná een van sy vier paaltjies geluk. Foto: West Indies Cricket

Dit was sy eerste vyftal sedert sy buiging in 2017.

“Dit is ’n lang tyd sedert ek ’n oes van vyf paaltjies gevat het. Dit het vandag goed gevoel,” sê hy.

“Daar was baie harde werk agter die skerms. In ’n stadium was daar vraagtekens oor my plek in die toetsspan en ek moes hard aan my fiksheid werk.

“Ek moes ook hard werk aan my vaardighede, en ek kan die bal nou weg van regshandige kolwers swaai en nie net na die paaltjies toe nie.

“Almal kon sien ek was ’n bietjie emosioneel oor die vertoning.”

Suid-Afrika het die dag op 128/4 afgesluit. Ngidi sê die blad is steeds uitdagend vir kolwers en hy glo ’n voorsprong van 150 tot 200 sal goed wees.

TELKAART

Meer oor:  Kniebuig  |  Toetskrieket  |  Windies  |  Black Lives Matter  |  Kniel  |  Proteas  |  Lungi Ngidi  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.