Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Lyon brul, Pakistan beef in Adelaide

Nathan Lyon het vyf paaltjies met sy draaiballe geneem om aan Australië in die tweede kriekettoets op die Adelaide-ovaal ’n oortuigende sege met ’n beurt en 48 lopies oor Pakistan te besorg.

Joe Root nadat hy sy honderdtal voltooi het. Foto: Getty Images

Die Aussies het die reeks met 2-0 gewen.

Pakistan is op die vierde dag van hierdie dag/aand-toets in sy opvolgbeurt vir 239 uitgehaal.

“Ek is regtig baie bly,” het die Aussie-kaptein, Tim Payne, gesê. “Behalwe vir ’n paar blapse in die veld het ons goeie krieket in hierdie twee toetse gespeel.”

Australië, wat nou in ’n tuisreeks teen Nieu-Seeland gaan speel, het ’n maksimum van 120 punte in die Toetskampioenskapsreeks verdien en is tweede ná Indië.

Pakistan het die prys betaal vir ’n boulaanval wat uit groentjies bestaan het en daar was ook vrae oor die kapteinskap van Azhar Ali en die nuwe afrigter/keurder, Misbah-ul-Haq.

Lyon het met syfers van 5/69 in die opvolgbeurt geëindig. Hy het van die middelorde kolwers Shaan Masood en Asad Shafiq ontslae geraak, wat albei vyftigtalle behaal het.

Die Pakistanse draaier Yasir Shah, wat in die eerste beurt ’n onwaarskynlike honderdtal geslaan het, kon in die tweede beurt net 13 lopies aanteken.

Die links-snelbouler Mitchell Starc het soos in die eerste toets sewe paaltjies in die tweede toets geneem, maar daar heers nou twyfel oor sy fiksheid nadat hy sy enkel beseer het.

  • TELKAART
  • In Hamilton, Nieu-Seeland, het die Engelse boulers op die laaste dag van die tweede toets agt paaltjies teen die Kiwi’s nodig vir ’n oorwinning.

Die Kiwi’s het 96/2 in hul tweede beurt, ’n agterstand van vyf lopies. Engeland het 476 in sy eerste beurt gekry, met Joe Root wat ’n reuse 226 aangeteken het.

Die Engelse kaptein was betrokke in ’n vennootskap van 177 saam met Rory Burns (101) en toe 193 saam met Ollie Pope (75).

“Ek het al lank gevoel ’n groot telling is nie ver weg nie. Ons is nou in ’n posisie waar ons nog hierdie toets kan wen,” het die kaptein gesê.

Dit was Root se 17de toetshonderdtal, nadat hy die grootste deel van die jaar gesukkel het om groot beurte te speel.

Nieu-Seeland het die eerste toets met ’n beurt en 65 lopies gewen. Daar word egter vir die laaste dag reën voorspel, daarom sal Engeland vinnig deurbrake moet maak.

Neil Wagner (5/124) was die Nieu-Seelanders se beste bouler in die Engelse eerste beurt.

– Reuters

Meer oor:  Pakistan  |  Toetskrieket  |  Nieu-Seeland  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.